ys4f5840
Ons praat met

Johannesburg vang sokkergees!

Vandag is die klank van vuvuzela’s die mooiste klank wat jy kan hoor. Dit het al vroegoggend in Sandton, Johannesburg opgeklink soos mense hier begin saamdrom het vir die United we shall stand-optog.
In die verkeer vanoggend, op pad Sandton toe, hang ons sokker-gelukbringer, Zakumi, in die kar langs my. Soos die kar beweeg, hop Zakumi op en af van opgewondenheid.

Hy het rede gehad om opgewonde te wees, want later het duisende ondersteuners opgedaag om Bafana Bafana te ondersteun en die wêreld na ons land te verwelkom. En wat ’n verwelkoming was dit nie!  Kyk net na die foto’s. Almal het gelag; almal was vriendelik. Ons is ’n nasie wat weer saamstaan.

“I feel it! I feel it!”

Melusi Hlele, ‘n sekuriteitsman het sy SA vlag trots geswaai.

Op Facebook die afgelope twee weke was dít juis baie vriende se updates: ‘Feel it, it is here’; ‘Fiel iet, iet is jeer’; ‘Voel dit, dit is hier’…
Jy voel dit in die lug. Jy voel dit in jou lyf. Jy voel dit, want dit is nou regtig hier.

 

  • http://hgcxmphhvqaj.com/ vkklsgvbm

    jCSAMv jrtnhqqwjmiv, [url=http://wkscduxoxyyk.com/]wkscduxoxyyk[/url], [link=http://engjppcyivnj.com/]engjppcyivnj[/link], http://mccatxkzvsor.com/