john_legend
Ons praat met

John Legend binnekort na SA

Die sangsensasie John Legend kom in Oktober (te danke aan Heineken®) na SA, en as jy tot dusver net die koortjie van “P.D.A.” (public display of affection) saam met jou kar-radio gesing het, beter jy kaartjies kry! Want hierdie multi-platinum-sanger, met 6 Grammy-toekennings agter sy naam, is nog sag op die oog ook.

Sy nuutste album, Evolver, se top-treffers, “Green Light” en “Everybody Knows”, saam met klassieke snitte soos “Ordinary People”, “Save Room” en “Heaven” is maar ‘n paar van die saamsingtreffers wat Legend gaan laat hoor. En nou praat ons nog nie van die 10-stuk-orkes wat saam met hom op die verhoog gaan wees nie!

Legend word dikwels beskou as Marvin Gaye, Stevie Wonder, Kanye West en Snoop Dogg – in een. Hy’s sanger, liedjieskrywer, pianis en vervaardiger wat dit regkry om klassieke old school-soul met hip-hop en tradisionele R&B te vermeng.

*Spesiale gaskunstenaar, Keri Hilson, sal saam met John te sien wees. Sy’s deel van ‘n groep vervaardigers wat bekendstaan as The Clutch, en het al vir Britney Spears en Ludacris liedjies geskryf. Haar debuut-album In a Perfect World … is vanjaar bekendgestel en het reeds groot sukses behaal.

Hiér moet jy wees!

15 Oktober, Grand Arena, Kaapstad – aangebied deur Heineken in samewerking met Heart 104.9 FM en M-Net (Kaartjies kos tussen R243 en R321)

17 Oktober, Indoor Arena by Durban se Internasionale Konferensiesentrum – aangebied deur Heineken in samewerking met Gagasi 99.5 FM en M-Net (Kaartjies kos tussen R218 en R294)

18 Oktober, Coca-Cola Dome, Johannesburg – aangebied deur Heineken in samewerking met Kaya FM en M-Net (Kaartjies kos tussen R218 en R321)

Kaartjies beskikbaar by Computicket, www.computicket.co.za of skakel 011 340 8000 of 083 915 8000.

Sluit aan by die John Legend facebook-groep