Ons praat met

John Smit oor Peter de Villiers en wie hom gaan opvolg

Verloor is vir hom ’n leer-ervaring.

“’n Geleentheid om net weer op te staan,” sê John Smit in Desember se SARIE wat nou op die rak is. Dit gaan soms hárd op die rugbyveld en ons Springbok-kaptein is hoeka nie bang vir seerkry nie. “Maar ek voel glad nie die pyn nie,” sê hy. “Tensy ons aan die verloor is.”

Gelukkig weet hy darem ook van (baie) wen. John het al meer kere die Springbokke gelei as wat enige ander rugbykaptein ter wêreld dit met hul nasionale span gedoen het.
Tog kom sy gesin nog altyd eerste. “Want lank nadat ek my Springboktrui weggepak het, sal Roxy en die kinders nog daar wees,” sê hy.

Oor sy rugbyprestasies sê hy net: “Ek is baie gelukkig dat die ouens my kapteinskap geniet, dat ek omring is deur sulke goeie, talentvolle manne en dat ek te veel beserings gespaar is. Ek het nog nooit gedink ek is so great nie.”

Nie so nie, sê die Springboekafrigter Peter de Villiers. Hy meen John het eienskappe wat van onskatbare waarde is vir sy span. “Hy het die vermoë om te inspireer. Hy’s waarlik professioneel en aanvaar niks as vanselfsprekend nie. Hy stel ’n voorbeeld. Tydens elke oefening of wedstryd gee hy 100 persent. John is ’n ware leier en ambassadeur vir sy land, ook ’n gentleman en ’n coachable speler.”

John, jou outobiografie, Captain in the Cauldron (Highbury Safika Media), verskyn middel November. Hoe was die skryfervaring?
Dit was interessant om weer my lewensreis oor 31 jaar te beleef. Ek is heeltemal tevrede met die boek. Tog is ek effens senuagtig oor die ontvangs daarvan.

Daar word dikwels gesê Peter de Villiers praat onsamehangend. Kan julle sy opdragte goed volg?
Ons afrigter is eintlik Afrikaanssprekend en dis in dié taal dat hy met ons praat. Dan is sy opdragte duidelik en is daar nie misverstande nie. Peter is die openhartigste, eerlikste afrigter van my loopbaan.
 
Wat sê jy vir jou spanmaats halftyd wanneer julle aan die verloor is?
Ek gee vir hulle ’n baie ferm wake-up call en as ek kon sien wat verkeerd is, sal ek hulle vra om x, y en z te verbeter of dalk voorstel dat hulle hul taktiek verander.

Jy is 31. Wie gaan jou opvolg? Name soos Victor Matfield, Jean de Villiers en Fourie du Preez word genoem.
Daar’s ’n hele paar kandidate. Dis ’n saak wat bespreek word. Ons het nog geen besluite geneem nie.

* Lees die volledige artikel in Desember se SARIE met Amor Vittone op die voorblad. John vertel hoe hy sy vrou en kinders bederf met geel rose, slaaptydstories en doeke omruil!

In sy nuwe boek vaar hy uit oor Ollie, Kamp Staaldraad en verwys hy na Luke Watson wat ‘n “kankeragtige” uitwerking op lede van die nasionale span gehad het.

  • Esme van der Merwe

    Fantastiese artikel – is mal oor John Smit!

  • 2LmhV5 mugzibztegtk, [url=http://mjuqnzqapfeg.com/]mjuqnzqapfeg[/url], [link=http://pompulvqfsgk.com/]pompulvqfsgk[/link], http://plxmmxrklxmt.com/

  • sOCUrO uypwlfrfjktl, [url=http://cikxryisjdir.com/]cikxryisjdir[/url], [link=http://egpzezllpbfs.com/]egpzezllpbfs[/link], http://svtnhkodhhnz.com/

  • kv1N3j hlcnoekxhxti, [url=http://xkzhyzbilbos.com/]xkzhyzbilbos[/url], [link=http://xumarlcllybp.com/]xumarlcllybp[/link], http://fglqqyhqwvhp.com/