2011_1_thumbimg121_jan_2011_080702653_ll
Ons praat met

Kyk wie is ambassadeurs vir die nuwe Audi!

Vergeet van Beverly Hills 90210 of Melrose Place se jongklomp. Hou dié klomp dop!

Jeannie D, Roxy Louw, Cameron van der Burgh, Shashi Naidoo, Siya Ngwekazi en Anele Mdoda is die eerste groep in Suid-Afrika om die splinternuwe supersjiek en -sexy Audi A1(luikrug) te ry.

Maar dis nie al nie. Die celebs word tot in die afgrond bederf: Elk van die 6 Audi A1’s is aangepas volgens die persoonlike voorkeur van die bestuurder.

Die motor is lig op brandstof en danksy die luikrug is dit kinderspeletjies om te parkeer.

Die swemsensasie Cameron van der Burgh en die mooie branderryer/model Roxy Louw, wat onlangs as FHM se sexyste vrou in die wêreld aangewys is, is die ambassadeurs wat wys dat die ryding stylvol én sportief is.

Anele Mdoda, bekend as 5FM-platejoggie, aanbieder van SA’s Got Talent en nou ook te sien op Top Billing, verteenwoordig saam met Jeannie D - ook van Top Billing-faam – die prettige en avontuurlustige kant van die Audi A1.

En die stylvolle Siya Ngwekazi, aanbieder van V Entertainment op VUZU.tv, en Sashi Naidoo, model, aktrise en modekenner, is die ambassadeurs wat vir stylbewustes daarvan sal oortuig dat hulle in dié motor gesien wil wees.

Die Audi A1 is die afgelope week bekend gestel en die aanbevole verkoopsprys is R220 000-R280 00

Jeannie sê: “Ek is mal oor die kar en die handelsnaam en ek is baie bly ek kan ‘n ambassadeur vir Audi wees. My kar is die hotste van almal s’n. Die kar het leerafwerking binne en dele van die paneelbord is rooi! Die klanksisteem is wonderlik en ek het spesiale liggies, xenon-ligte! Ek het die kar in swart gekies omdat dit so chic en sexy is.”

 

Die kleure wat hulle gekies het:

Jeannie D en Roxy het albei swart met ‘n silwer dakraam bo die deure gekies


Anele en Siya het albei ’n rooi motor gekies, Anele met ‘n silwer dakraam.


Cameron is duidelik lief vir water en sy kar is blou. Shashi besluit nog wat sy wil hê …

 

Kyk net hoe mooi lyk die groep celebs saam:

SA se stylvolle celebs

van links: Roxy Louw, Siyabonga Ngwekazi, Jeannie D, Shashi Naidoo, Cameron van der Burgh en Anele Mdoda

 

 

Die Audi A1

Die Audi A1

  • Jackie van Niekerk

    #Ek is AUDI fan my lewe lank, is al die trotse eienaar van verskeie Audi’s die afgelope 32jaar. Besit tans Audi TT, silwer gryse en "I JUST LOVEEEE MY CAR"#
    Lyk my die nuwe A1, gaan ‘n wenner wees, dalk….dalk besluit ek om my TT in te ruil op een :)
    GREAT CAR AUDI — Keep going!!!!!!!!!!!!!