Ons praat met

Jong musiekman in hospitaal ná bloedklont

Kabaretsanger Niël Rademan (30) moes blykbaar Woensdagnag na die ongevalle-eenheid op Stellenbosch ry nadat hy erge borspyne gekry het. Hy het pas teruggekeer uit Europa waar hy vir 3 weke saam met die Nederlandse kabarettis Herman van Veen deur Nederland, België en Switserland gereis het. Dokters vermoed hy het ‘n bloedklont ontwikkel tydens die lang oorsese vlug terug huis toe. Hulle het hom onmiddellik na die Somerset-Wes Medi Clinic geneem waar hy vir die bloedklont behandel is. Hy sterk tans daar aan.

Rademan sou van 4 tot 6 November aan Kabaretmania, die land se enigste kabaretfees, deelneem.