Ons praat met

Joost verlaat glo die huis

Joost van der Westhuizen het glo uit sy en Amor se huis in Dainfern Valley in Johannesburg getrek, berig Die Burger.

Hy het Donderdag reeds by mnr. Garry Hartslief, ‘n sakekennis, ingetrek. ‘n Bron wat sowel die Van der Westhuizens as vir Hartslief ken, het gisteraand so gesê.

Joost het glo by navraag geantwoord: “Wat in my huis gebeur is my private sake. Ek gaan dus nie kommentaar lewer nie, soos ek verlede jaar al ná die video-debakel gesê het.” (Lees ‘n eksklusiewe uittreksel uit Joost se boek)

*Lees die volledige artikel op www.dieburger.com

**Die 12 lewenslesse wat Amor deur haar moeilikste jaar nóg geleer het

Amor van der Westhuizen in SARIE Desember 2009

Amor se SARIE-onderhoud ná Joost se boek:

“Dit voel vir my asof ek in die laaste jaar tien jaar ouer geword het. Of dalk het ek volwasse geword. Ek het so baie dinge geleer. Ek moes leer wie om te vertrou. Ek sien die lewe vanuit ‘n ander oogpunt. Ek is meer sinies, hoewel ek nie my vertroue en my hoop in die lewe verloor het nie. Hopelik maak dit alles van my ‘n beter mens.

“Ek weet nou eers ‘n mens se hart kan só seer wees dat jy nie asem kan kry nie. Ek het lam gevoel. Dit het gevoel asof ek dood is van binne. Dit het gevoel asof almal my in die steek gelaat het.” – Amor (SARIE Desember 2009)


 

  • Ek

    Wat jy saai sal jy maai.

  • Riette Groenewald

    Amor,
    Nou moet jy sterker as ooit wees vir jou kinders se onthalwe….en jou eie!
    Tel op jou kop….niemand kan regmaak wat in die verlede verkeerd was nie maar ons KAN verhoed om dieselfde foute vorentoe te maak. Behou nederigheid, geloof en glo God sal jou dan bystaan!Jy is jonk, pragtig en geseen met baie talente.
    Ek sal bid vir jul(Sommer vir Joost ook)om oop die maak vir krag van Bo in die toekoms!
    liefde en ‘n boeredrukkie,

  • sterkte aan julle altwee.

  • Lindie

    Ek weet nie hoe mens die stukke op tel na so beproewing nie. Dit is soos ‘n spieel wat breek, jy sal nooit weer al die stukkies bymekaar kry nie. Sterkte vir albei partye.

  • Shane Dean

    Wat joos doen is sy besigheid . Hoekom moet mens altyd in meng ? Los die man uit

  • hr1xCH txjanpohvowz, [url=http://wdycexvqqhcy.com/]wdycexvqqhcy[/url], [link=http://sdtfczwhekoa.com/]sdtfczwhekoa[/link], http://tmrvxnwcodvh.com/