Ons praat met

Karen Zoid praat oor haar ma


“My ma het haar bes gedoen om vir my aandag en liefde te gee en my te versorg terwyl sy baie siek was. Sy was fyn en teruggetrokke en het altyd geskilder. Ons het saam sit en goedjies maak. [Vandag skilder Karen self.] Sy het altyd vir my gelag omdat ek so baie praat. My ma was ‘n regte lady, een wat haar ware gevoelens gewys het.

“Twee dae voor haar dood het sy vir my gesê dis haar tyd om te gaan. Tot vandag toe waardeer ek haar eerlikheid. Ek is trots daarop. Ander familielede het gemaak asof niks fout is nie. Ek het gerespekteer gevoel.”

Karen sê ‘n mens se ouers is die enigste wat jy ooit sal hê.

“Deel jou gevoelens met hulle, selfs al verstaan hulle dalk nooit nie. Praat met respek en uit liefde. Jy het ook net een lewe. Misluk, wen. Vat ‘n kans!”

En oor haar seun Ben (3)?

“Baie ouers dink maar net hulle doen die beste vir hul kind,” sê Karen. Sy glo ‘n mens se kind is joune, maar is nie jý nie. As ouer wil sy fokus op ‘n lewende, veranderende verhouding met Ben, wat sy “bo alles liefhet”.

“Hy moet net weet hoe baie ek vir hom omgee, maak nie saak wat nie,” sê sy.

**Kyk die voorprent van haar splinternuwe musiekvideo, Bly by my, hier. Kom kuier ook agter die skerms van haar nuutste album.

“My ma maak my mal”

In jou November-SARIE gesels ons oor oorheersende ma’s. Aktrises Marié du Toit en Karen Zoid, onderskeidelik ma en dogter in die nuwe in die Susanna van Biljon-fliek, praat oor hulle karakters. Jy’s dalk lankal uit die huis – maar jou ma kritiseer steeds jou klere, jou keuses, jou loopbaan-besluite… Deur ‘n oorheersende ma reg te hanteer kan jy self groei. Kenners gee raad.

 

  • Ria lourens

    Ek is ‘n ou dame – ons het nie desjare die oop verhouding met ons ouers gehad nie. Tog waardeer ek vandag nog dit wat ek wel van my ma geleer het – al 40jaar heen. Sy was op haar manier merkwaardig en wat ek weet het ek by haar geleer, al was dit net deur te KYK en LUISTER. Ek was ‘n regte ‘luistervink’. Geniet jou Ben – kinders is kosbaar en in ons ouderdom teer ons op herinneringe. Groetnis vir jou.