Ons praat met

Karin Eloff (van Stiletto) maak hart oop

Karin Eloff, skrywer van Stiletto – My lewe in die seksbedryf (Tafelberg, R170) die Boeremeisie met die Dopper-agtergrond, het baie opslae gemaak met haar kaalbors ontboesemings in dié boek. Haar medeskrywer was Carel F. Cronjé. Karin het met Marguerite van Wyk gesels oor haar dogter Wanya, lewenslesse en wat die lewe vir haar opwindend maak …

Is dié boek baie gewild en beplan jy nóg ‘n boek?
Dis reeds in sy derde druk. Ek het nogal verwag dit gaan verkoop omdat mense nuuskierig is oor die onderwerp. Ek beplan beslis om ‘n volgende boek heeltemal op my eie te skryf. Dit sal ‘n blow-by-blow account wees van enkelmoederskap – iets tussen ‘n komedie en ‘n tragedie.

Was die skryf van die boek vir jou ‘n positiewe ervaring?
Positief, maar moeilik. Ek het reeds stukke begin skryf toe ek swanger was, maar toe Carel Cronjé as herskrywer aan boord kom, het ons areas gaan oopkrap waaraan ek eintlik nie wou raak nie. Selfs nou, ná die boek op die rak is, leer ek steeds uit my ervarings, omdat die vrae wat ek in onderhoude gevra word, my voortdurende laat nadink oor my verlede en wat ek daaruit geleer het. Ek het in die volwasse vermaakbedryf geleer dat ek niemand kan liefhê as ek nie myself liefhet nie. Ek het geleer dat mans en vroue ‘n fundamentele kommunikasiegaping het wat werk nodig het, en ek het ook geleer om baie gemaklik met my eie lyf te wees.

Watter lelike dinge het jy van jouself geleer?
Dat ek ‘n ego het om van los te kom. Ego is daai ding wat so maklik seerkry deur wat ander sê of doen, maar ons kern, die siel, kan nie regtig seerkry nie. Erkenning en bewustheid van mens se foute help darem al.

Jy is nou joernalis by SONDAG, maar verlang jy ooit terug na jou dae as ontkleedanseres?
Ek verlang soms na die harde musiek en om myself net totaal daaraan oor te gee voor vreemdelinge, sonder klere. Dit was bevrydend. Ek het soos ‘n wilde dier gevoel wat net intuïtief beweeg het en nie hoef te dink nie. Soms het mens nodig om jou brein af te skakel. Maar ek mis nie die dronk mans met hul arrogante houdings en dom opmerkings nie. Almal was darem nie so nie. Strip-klubs is liefdeloos. Dit het ‘n funksie in die samelewing en gaan nie verdwyn nie, maar ek het nou klaar geleer wat ek daar moes leer en wil beslis nooit daarheen terugkeer nie.

Is dit vir jou lekker om ma te wees?
Wanya is nou vyf en het my lewe gered. Sy is die eerste mens wat maak dat ek alles in my vermoë wil doen om van myself ‘n beter mens te maak. Ek wíl myself liefhê sodat ek haar beter en ten volle kan liefhê. Ek geniet op die oomblik haar sêgoed verskriklik. Sy is ‘n regte klein grapjas en lag oor goed soos dat ‘n perd kan hoes. Sy het die ander dag die heeltyd die woord ‘polisie’ herhaal en dis vir haar die snaakste woord wat sy nog ooit gehoor het! Ek en sy teken graag saam (op my mure) en sy is ook mal daaroor om al die droë bestanddele in die huis saam te gooi en te meng met groen voedselkleursel en dan vir my trots te vertel van die ‘heerlike koek’ wat sy maak. Ek en sy het al my kamermure saam rooi geverf en haar kamer s’n pienk. Ons dans ook baie saam en storietyd is baie spesiaal omdat sy my dan vertel van haar dag en haar maatjies en wat regtig in haar hartjie aangaan. Haar teenwoordigheid in my lewe laat my siel gesond voel.

Wat het Wanya jou geleer?
Sy het my geleer liefde gaan oor verantwoordelikheid en toewyding. As jy lief is vir iemand, strook elke aksie van jou met die beste belang van die ander mens. Mense in huwelike het baie selfsugtig geword. Ek het te veel gesien hoe mense uit selfsug hul vroue seermaak. Dit is nie liefde nie. Vroue doen dit ook soms. Dieselfde geld vir ouer-kind-verhoudings. As jy gereeld uitgaan en jol wanneer jou kind jou aandag nodig het, is dit ook nie verantwoordelike liefde nie.

Wat wil jy Wanya leer oor seks en liefde?
Ek wil haar leer seks sonder liefde is lekker, maar dit hou nie en is nie goed vir jou selfbeeld nie. Ek wil haar leer dat seks ‘n wonderlike instrument is om met ‘n mede-siel te konnekteer, as daar liefde by is.

Wat het jou ouers gesê oor die boek?
My ma is taamlik konserwatief en bekommerd oor wat mense van haar dink oor haar dogter se manewales en my pa is trots op my. Hy het my nog altyd geleer om antwoorde vir myself te gaan soek en om verantwoordelikheid te aanvaar vir wat ek doen. En dat dit nie saak maak wat ek doen nie, ek sal altyd verwerping én aanvaarding beleef — dis die lewe. So, dan kan mens maar netsowel jouself wees. Ek dink dis baie snaaks dat mense so obsessief is oor wat ander van hulle dink, terwyl dit tog belangriker is wat jy van jouself dink. Ek hou van myself. Ek hou net nie van my hare nie!

Die boek is baie openhartig. Is dit nie baie moeilik om mens se siel so te ontbloot nie?
My siel is niks anders as jou siel nie. Ek glo ons almal deel dieselfde siel en die ontbloting van my eie dinge is maar ook ‘n ontbloting van die samelewing en die mensdom. Ek sien myself nie as anders of uniek nie – ek kom van dieselfde plek af as elke ander mens. Ek glo daaraan om te praat oor die goed wat in ons koppe aangaan, al stem ons nie altyd saam met mekaar nie. Dis oukei. Debat is baie gesond. Ek hoop ek stimuleer mense met my boek om te praat oor onderwerpe wat hulle gewoonlik onder die mat sou invee.

Hoe voel mans wat jy nou ontmoet as hulle hoor jy is ”die meisie wat Stiletto geskryf het”. Is baie nie bang vir jou nie?
Ek dink baie is versigtig vir my, maar as hulle my eers leer ken, is hulle minder ‘bang’. Ek is stil, hou daarvan om by die huis te kuier en hou daarvan as mense gemaklik oor allerhande onderwerpe kan gesels. Ek haat nie mans nie. Ek dink dis die grootste miskonsepsie wat as gevolg van my boek ontstaan het. Ek beskou mans as siele op ‘n reis, net soos ek, en ek glo nié hulle is almal oppervlakkige leuenaars nie. Ek is sedert my boek deur ‘n hele paar spiritueel bewuste mans genader, en dit gee my die hoop en geloof dat alle mans nie soos dié is wat in die ontkleeklubs is op soek na ‘n ego-boost nie.

Hoe voel jy oor trou en (nog) kinders kry?
Ek is 36 en sal graag trou as ek die regte man ontmoet. Een wat kan commit tot monogamie. Só nie, bly ek eerder alleen en geniet my vriende. Ek glo die meeste mans is nie monogaam nie, maar sommige kry dit wel reg vir ‘n kort tyd. Ek is bereid om dit ‘n kans te gee met iemand wat openlik daaroor kan praat. Ek het nét te veel gesien hoe die leuens van die mans wat die volwasse vermaakbedryf besoek, hul huwelike verwoes. Ek wil nie ‘n man hê wat bang is vir eerlikheid nie. Ek sal dalk nog een kind hê, maar dis nie ‘n brandende begeerte nie. Ek wil my beste vir Wanya gee.

Wat maak jou lewe opwindend?
Skeppende skrywerk en om my tjello te speel. Die tjello assosieer ek met nuwe-lewe-lemmetjiegroen-lenteblare: gesond, helder en goed vir die brein. Die feit dat ek ook nooit weet wat môre gaan gebeur nie is vir my opwindend. Om bewustelik te leef kan nooit vervelig wees nie. Ek probeer dít onthou.

Wat is die belangrikste lesse wat die lewe jou geleer het?
Om met bewustheid te leef, om al my aksies en reaksies te bevraagteken en te kyk of dit strook met my kern (my siel). ‘n Siel is niks anders as ‘n Liefde-Intelligensie nie. Ons vergeet partykeer wat ons regtig is.

  • http://www.ibm.com Jaco Brand

    Karen

    Well done, jy wys karakter en integriteit. Meer vrouens (en mans) kan dit doen. Dit is lekker as daai masker af is ne?

    Klomp blessings vir jou!

    Jaco

  • Annette Gilham

    Welgedaan Karen. Jy kan met reg trots wees op jou boek. Ek het dit baie geniet en as ‘n redelike konserwatiewe Afrikaner, haal ek my hoed af vir wat jy vermag het en waarvoor jy staan.

    Doen so voort.

  • Peter

    Hi Karen ek sou graag wou hê jy moet by die naaste Bicker Church uitkom. Ek wil jou amper uit daag. Dit lyk vir my jy hou daar van om uit die boks. As jy soontoe gaan kom met ‘n oop gemoet. Groete

  • rene scheepers

    welgedaan, elke mens het wilskrag in hom of haar!!!!

  • Heila

    Nee wat, by my gaan jy beslis nie simpatie kry nie!! As jy jou uitgegee het vir n toffie … nouja, die res ken jy seker teen die tyd!! Om jou lyf vir die wereld se dronk en lustige mans te wys (en nog geld daarvoor te kry) en dan nou jammer voel daaroor en simpatie soek … sorry!!

  • Paul

    Aan Heila: Lees die boek, sy soek beslis nie simpatie nie.

  • Yvonne Smit

    Jy het ontklee vir geld, jy is `n slim, hoogsintelligente sakevrou wat gedryf word deur jou geldgierigheid-ek dink jy het te oud geword vir die seksindustrie..Moet asb ook nie jouself as edel probeer voorgee deur te beweer dat jy die boek ter wille van jou kind geskryf het nie. Jou beweegrede was weereens geld. Ek is bly jy is nie my ma nie.

  • Simoné

    Aan Yvonne: 90 % van die mensdom doen BAIE meer verkeerde dinge vir geld, so don’t judge.

    Karin: Ek het jou boek bestel en kan nie wag om dit te lees nie. Ons is mense, ons almal maak foute. Baie min mense kan die wêreld so vierkantig in die oë kyk soos jy – Well Done!!

  • Mariette Pretorius

    Haai Karin. Ek en John is so trots op jou en bid nogsteeds vir jou. My Bybel het my geleer dat die waarheid mens vrymaak en jy het dit so treffend bewys deur so eerlik oor jou verlede te wees en as ‘n oorwinnaar daaruit te tree. Dis vir my en Daleen ‘n voorreg om jou en Wanja te ken. You go girl kan nie wag vir jou tweede boek nie en dalk selfs ‘n derde boek sodat ons kan sien hoe die nuwe Karin blom en groei nie en jou dogtertjie saam met jou. Ons is lief vir jou. Mariette.

  • Jaco

    Mooi Karin! ‘n Mens moet staan waarvoor jy staan soos wat jy doen. Daar’s te veel Doppers wat hulle heilig hou en een ding sê en ‘n ander doen. Ek haal my hoed af vir jou eerlikheid en durf. Ek sal jou graag wil ontmoet – en voel hoe voel daai hande van jou!

  • http://zmecuptvwzsa.com/ yyuiijkyn

    Ita5EY mnmctshxtlge, [url=http://uqenpkjknrpe.com/]uqenpkjknrpe[/url], [link=http://nxkalaivttxo.com/]nxkalaivttxo[/link], http://lxssnwpiqpap.com/