Ons praat met

FOTO’S: Karlien se ontwerper se trourok

Anél Botha is sinoniem met glans en styl onder die sterre. Sy het vinnig opgang gemaak as een van Suid-Afrika se voorste ontwerpers.

Sy het al rokke ontwerp vir Suid-Afrika se voorste sangeresse en celebs soos Andriëtte Norman; Kurt Darren se vrou, Dunay Nortje, Elvis Blue se vrou, Chireze Hoogendyk, Nianell, Pabi Moloi, Aletté-Johanni Winckler en Annatjie van Jaarsveld. En die meeste van hulle hou so baie van haar rokke dat hulle gereelde kliënte geword het!

Dit was deur Annatjie wat Karlien van Jaarsveld vir Anél ontmoet het, toe sy saam met Annatjie gegaan het om ‘n rok te laat pas. Nadat Anél ‘n paar keer vir Karlien rokke vir groot geleenthede ontwerp het, het sy haar ook gevra om seker die belangrikste rok te maak wat sy ooit gaan dra: haar trourok!

Karlien van Jaarsveld

“Ek geniet dit om saam met Karlien te werk, want sy is redelik waaghalsig! Sy kan goed visualiseer en sy vra altyd my opinie oor haar skoene en bykomstighede. Sy het ‘n fantastiese sense of style!”

Maar op 30 Maart vanjaar was dit Anél se beurt om na die kansel te stap. Sy het op Zorgvliet net buite Stellenbosch met Graham Calver getrou. Custo Photo is verantwoordelik vir die pragtige foto’s:

Anel Botha trou

Waar kry jy inspirasie om so baie rokke te ontwerp?

My inspirasie is die vroulike figuur! Elke lyfie is anders, so ons kyk eers daarna. Die regte kleur is ook baie belangrik. Ek hou van unieke kleure en kleur-kombinasies! Kant is my gunsteling materiaal om mee te werk! Klassieke snitte met min fieterjasies!

Anel Botha trouAnel Botha trou

Was dit moeiliker of makliker om jou eie trourok te ontwerp?

Dit was vir my baie maklik om die eerste rok te ontwerp (ek het 2 rokke gehad). Die tweede rok was ‘n nagmerrie! Dit moes ‘n mooier rok wees as die eerste … mooi in ‘n ander sin. Ek het na die snit en afwerking van ‘n ou gunsteling van my gekyk en omdat ons tema Gatsby-geïnspireerd was, móés ek volstruisvere hê…

Anel Botha trou

Enige verrassings op jou troudag?

Daar het ewe skielik ‘n reenboog in die vallei verskyn… Dit was daar totdat ons diens verby was en lank ná ons begin foto’s neem het!

Anel Botha trou

Anel Botha trou

Anel Botha trou

Onder die bekende gaste was Heinz en Aletté-Johanni Winckler (BO) wat in die kerk die lofprysing gelei het en Riana Nel (ONDER) wat vir Anél in die kerk gesing het. 

Anel Botha trou