Ons praat met

Karlien van Jaarsveld: “Bobby gaan ‘n pa én ‘n pel vir Sion wees”

Sion het toe nie sy opwagting gemaak nie, en Bobby het so ‘n rukkie terug weer op Twitter geskryf dat hulle nou in die kliniek is, waar hyself ook drie nagte saam met Annatjie en Sion sal deurbring.

Karlien van Jaarsveld, Bobby se suster, het aan sarie.com vertel hoe opgewonde sy en die hele familie is:

“Ek hang al heeldag naby die kliniek rond, hulle weet dit net nie,” lag sy. “Ek gun hulle hul spasie, maar ek sien baie uit om die babatjie te sien!”

Sy glo Bobby gaan ’n baie goeie pa én pel wees vir Sion. “Hy gaan alles wat ons geleer het as kinders vir sy kind ook leer.”

Sion is nie ’n familienaam nie, dit kom uit die Bybel, en hulle as familie het almal afsonderlik bevestiging van God gekry dat dit die baba se naam moet wees.

Bobby tree nie hierdie week op nie, maar Karlien is weer Donderdagaand op haar pos by die Oppop Musiekfees in Brits.

“Ek gaan baie hands on betrokke wees met die grootmaak van Sion, ek bly net om die draai van hulle af, so ek sien baie uit daarna.”

Sion is 24 Oktober 2011 net na 15:00 gebore. Hy het 3.3kg geweeg. Bobby het op sy Twitterblad geskryf: “Dis my seun, Prys U Naam! Ek ken nie die gevoel nie.”

  • nikki crawford

    bobby gaan n wonderlikke pappa wees vir sy seuntjie sion