karlien_cd_cover_verskaf
Ons praat met

Karlien van Jaarsveld: “Dié tannie gaan nie doeke aansit nie.”

Vir Karlien was dit ’n opwindende jaar. Nie net oor die reuse-sukses van haar album nie, maar sy maak haar debuut as aktrise in Platteland, die Afrikaanse film wat 25 November landwyd begin wys. “Dit is ongelooflike harde werk om toneel te speel, maar ek sal dit vir seker weer wil doen, ek het dit baie geniet!” vertel sy aan sarie.com.

Karlien se broer, Bobby van Jaarsveld, en sy vrou, Annatjie, word eersdaags ouers en Karlien sien baie uit om “tannie” te word. “Dis ʼn groot verantwoordelikheid wat op my broer-hulle wag. Ek is gelukkig in die posisie waar ek die baba kan teruggee as hy te veel huil!” En op die vraag of sy die klein pienkvoet se doeke gaan aansit, antwoord sy dat die liefde tussen haar en die babatjie eers bietjie moet groei voor sy dít gaan aanpak…

2 minute met Karlien van Jaarsveld:

Wat is jou gunsteling-item in jou kas?
My jeans!

Waarsonder sal jy nooit kan klaarkom nie?
Grimering!

Wat is jou grootste droom?
Dat almal ʼn persoonlike verhouding met die lewende Koning sal ervaar.

Watter CD is op die oomblik jou gunsteling?
Joe Niemand: Ek sal nie bang wees nie.

Indien jy ʼn ander beroep moes doen, wat sou jy graag wou wees?
ʼn Tennisspeler.

Waarna sien jy die meeste uit by Aardklop?
Om vir Juanita du Plessis te sien!