Ons praat met

Karlien van Jaarsveld gesels oor haar grootste hartseer

Karlien van Jaarsveld het in die Junie-uitgawe van SARIE meer vertel oor die hartseer tyd in haar lewe toe sy en haar man, Derick Hougaard, hul babadogtertjie, Evah, verloor het. 

Hier volg ’n kort uittreksel uit dié artikel.

Karlien is bekend daarvoor dat sy maklik
 en openlik haar lewe op sosiale media soos Facebook en Twitter deel, en het haarself ook daartoe gewend toe sy in Januarie vanjaar ’n miskraam gehad het. Vanoor die hele land het vroue op haar hartroerende brief gereageer, en vir haar dankie gesê vir haar eerlikheid. “Ek het nie vir een oomblik gedink ek gaan iemand anders help toe ek die brief vir Evah geskryf het nie. Dit was binne tien minute geskryf op die dag dat ek haar verloor het, toe ek al vyf maande swanger was, en dit was net rou emosie. Dit was die grootste terugvoer wat ek al oor enigiets gekry het, en mense sê nou nog vir my dit het vir hulle so baie beteken. Soveel vroue het miskrame en ek het nooit besef hoe dikwels dit gebeur nie. Ek het nie die antwoorde nie, maar ek is bevoorreg om in ’n posisie te wees waar ek soms miskien iets deel wat iemand se seer kan help regmaak. Minstens kan mense dalk só daaroor begin praat, want dis ’n baie traumatiese ervaring.”

Dan vryf sy liggies oor die wit tatoeëermerk wat sy op haar gewrig gekry het – met Evah se naam en die datum van haar geboorte. Sy dra ook altyd ’n hangertjie om haar nek met haar tweeling, Daniël en Eliah, en Evah se voorletters.

Karlien met die hangertjies waarop haar kinders se voorletters is FOTO: Instagram  @karlienvanjaarsveld

Karlien met die hangertjies waarop haar kinders se voorletters is
FOTO: Instagram @karlienvanjaarsveld

“Ek deal nog elke dag daarmee, dis nie iets wat net verbygaan nie. Ek dink dit sal altyd ’n gat in my hart los, maar ek is vry omdat ek vrede het – God het ’n rede gehad om haar te vat en ek is nie kwaad nie. Ek het so baie vir haar gebid, maar dit was nie die plan vir haar nie.”

Karlien en haar familie en vriende het vir Evah ’n begrafnis gehou, ter viering van haar lewe, sê sy. “Dit was net ek en Derick en ons naaste familie by die graf, en ons vriende het ná die tyd na ons huis toe gekom. Dit was vir ons nodig om só afskeid te neem, en deel van die spirituele reis.”

Ten spyte van die seer het Karlien steeds ’n begeerte om ’n groot gesin te hê. “Ek wil beslis nog baie kinders hê. Ek wil sommer dadelik weer swanger word, maar ek is bang ek sien ’n nuwe baba as ’n plaasvervanger, daarom ek wil myself eers tyd gee om behoorlik oor alles te kom.”

Sy het die titelsnit van My hartjie aan Evah opgedra, en daar is ook ’n liedjie genaamd “Daniël en Eliah”, wat sy self vir haar seuns geskryf het. “Ek is so vas aan my kinders, dis my gunsteling-ding om met hulle te speel en hulle te sien lag. Hulle is nou 17 maande oud en begin nou loop – dis so cute!”

Blaai deur die galery van Karlien en Derick se tweeling

FOTO: Instagram @karlienvanjaarsveld

FOTO: Instagram@karlienvanjaarsveld

FOTO: Instagram @karlienvanjaarsveld

FOTO: Instagram @karlienvanjaarsveld

FOTO: Instagram @karlienvanjaarsveld

FOTO: Instagram @karlienvanjaarsveld

Die Junie-uitgawe van SARIE is nie meer op die rak nie, maar kan steeds digitaal afgelaai word – klik HIER.

In die JULIE-uitgawe van SARIE:

  • Nadia Beukes: Proe nou sukses & dolverlief!
  • Robbie Kruse se glanstroue – FOTO’S
  • Hartpionier Chris Barnard se kleindogter: Suiker ’n troos, maar toe haar verslawing
  • Menopouse: Raadop? Hier’s wat jy moet wet
  • Eensaam in jou huwelik?
  • Selfoon: 3de party in jou slaapkamer

nadia beukes