FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Ons praat met

Karlien van Jaarsveld sê dit soos dit is in die Junie-uitgawe van SARIE

Sy sê dit soos dit is: haar hartseer, haar vreugdes en vrese, en haar drome. Karlien van Jaarsveld praat pront oor haar lewe en oor haar droomrol in die pantomime Aspoestertjie in die Junie-uitgawe van SARIE. 

’n Blinkswart Audi 4×4 stop voor ’n gewilde Pretoriase restaurant, die deur swaai oop en ’n bruingebrande been met ’n modieuse swart hakskoen aan die voet kom te voorskyn. Dit word gevolg deur ’n knielengte- romp met swart-en-wit horisontale strepe, dan ’n oop middelrif, en ’n bypassende bloes – en alles pas soos ’n handskoen. Dan sien jy die lang platinumblonde hare, en die koppe in die restaurant begin draai.

Karlien van Jaarsveld gooi haar groot Louis Vuitton-handsak oor haar voorarm, haal haar sonbril af en loop soos ’n model op ’n loopplank by die deur in. Haar grimering is reg vir ’n aand uit, en haar lang naels is so spierwit soos haar tande.

Lees die volledige artikel eksklusief in die Junie-uitgawe van SARIE – nóú op die rak, of laai dit digitaal op jou rekenaar, tablet of slimfoon af – klik HIER

PLUS wen haar sprokiesmooi rok! 

Karlien van Jaarsveld junie jun 2015

Nóg in dié uitgawe

schalk

Terugkeer-koning Schalk Burger: Ek was weer gulsig vir die bokke …”

Andriette Norman

EKSKLUSIEF: Andriëtte Norman is verloof, en dié keer is sy seker!

Pigmentasie: die oorsake, die produkte en die behandelings

Ons gesels met Heinz Winckler, Jak de Priester en Joshua na die Reën oor pa-wees

Kry plaas-inspirasie vir jóú huis!

SARIE praat ook oor:

  • My baas is jonger as ek
  • Cholesterol-feite verras
  • Hoe nou met verkeerde maats?