sr0709rubrieksete
Ons praat met

Kersgroete van Izak de Villiers

Vir my is Kersfees ’n herinnering en ’n soort blydskap, ’n onthou en ’n vergeet, engelkore en besige strate, Vrede op aarde en oorlog oral.

Dis ’n fees van ’n Kind: ’n Kind en ’n kind. Die Kind wat gebore is, sou die wêreld se koers vir altyd verander en nuwe bakens stel van menswees en geloof.

Die mooiste musiek word gespeel in kerke én geblêr in winkels. En daar is tog ’n gees van welwillendheid.

My eerste herinnering is van mense by ons aan tafel met groen papierkêpsies op. Ek weet nie wanneer dit was nie, iewers in die vroeë oorlogsjare toe kêpsies nog vermaak was. Op die kêpsies was PEACE, LOVE, CHRIST, JOY, ens.

Nou wens ek vir al SARIE se lesers ’n gesëende Kersfees met ’n kêpsie op. Mag vreugde en liefde oorheers. Mag Christus ook aan tafel wees. En mag Hy oral voor stap, met ons agterna.