Voormalige Isidingo-aktrise, Kim Engelbrecht FOTO: verskaf

Ons praat met

Kim Engelbrecht oor liefde, skoonheid en haar nuwe fliek

As aktrise het Kim Engelbrecht lankal vir haarself begin naam maak in Hollywood en het onder meer al in die Britse TV-reeks Mad Dogs gespeel, maar een van die dae is sy ook in ’n nuwe Suid-Afrikaanse fliek te sien …

Kim, wat vroeër vanjaar deel van ’n YouTube-fenomeen was toe sy in ’n advertensie van Schwarzkopf gespeel het, is binnekort saam met Nico Panagio, Louw Venter en Casper de Vries in die fliek Konfetti te sien.

Kim vertel van haar Hollywood-ervaring

Sy gesels met SARIE.com oor dié nuwe fliek, die romantiese Schwarzkopf-advertensie, haar liefdeslewe én haar skoonheidsroetine.

Die SA-aktrise Kim Engelbrecht het al in Hollywood ook naam gemaak vir haarself FOTO: Twitter

Die SA aktrise Kim Engelbrecht het al in Hollywood ook naam gemaak vir haarself.
FOTO: Twitter

Nico Panagio is ook ’n grapjas

“Jy verwag dit nie regtig van hom nie, maar Nico is baie snaaks,” vertel Kim. “En Louw en Nico saam is net mal,” sê sy oor dié twee akteurs wat blykbaar selfs hul lyf kletsrymer gehou het agter die skerms van Konfetti.

“Dis ’n storie oor vriendskap, verhoudings en liefde – ek dink enige vrou kan daarmee assosieer.”

Volgens Kim hou sy veral daarvan dat die fliek realistiese vroulike karakters se stories vertel.

Agter die skerms van Konfetti saam met Christel van den Bergh en Jana Strydom FOTO: Twitter

Agter die skerms van Konfetti saam met Christel van den Bergh en Jana Strydom.
FOTO: Twitter

Haar gunsteling-deel was egter om saam met Casper de Vries te werk.

“Ek is al van kleintyd af ’n groot fan.”

Oor daardie romantiese advertensie …

“Dit was amazing om saam met Janez [Vermeiren] te werk, en nie net oor hoe hy lyk nie!” lag Kim.

Dié advertensie, waarna al meer as 12 miljoen keer op YouTube gekyk is, was wêreldwyd ’n fenomeen toe dit rondom Valentynsdag uitgereik is. Hierin speel Kim en Janez ’n verliefde paartjie. Hy vertel watter klein dinge van haar hy liefhet en uiteindelik vra hy haar – op ’n onverwagte manier – om te trou.

Kyk na dié advertensie HIER

“Ek het glad nie dié reaksie verwag nie, dit was ’n groot verrassing,” vertel Kim, wat 24 keer ander klere moes aantrek vir die advertensie.

En die persoonlike romanse?

“Ek is op die oomblik single. Ek fokus maar op my werk, romanse is die laaste ding waaraan ek dink.”

Waaraan Kim wel dink, is haar loopbaan. Sy is besiger as ooit en het pas in ’n Amerikaanse wetenskapsfiksie TV-reeks gespeel waarin sy die rol van ’n soldaat vertolk. Sy gaan ook te sien wees in ’n episode van die kykNET-reeks Die Byl, wat oor Piet Byleveld se werk gaan.

Kim sê haar loopbaan hou haar te besig om aan romanses te dink FOTO: Twitter

Kim sê haar loopbaan hou haar te besig om aan romanse te dink.
FOTO: Twitter

Kim se skoonheidsroetine

“Jy moet maar altyd jou gesig reinig nadat jy dit grimeer het,” sê sy oor die baie grimering wat sy as aktrise dikwels op stel van flieks en TV-reekse moet dra. “En jy moenie met ooggrimering gaan slaap nie,” waarsku sy.

Só lyk haar skoonheidsroetine

  • Ek wend een keer ’n week Justine Tissue Oil aan my hele gesig
  • Ek is mal oor Elizabeth Arden se Eight Hour Cream
  • Daardie ou raad van komkommers op jou oë werk! Dit gee jou ’n skoon gevoel en maak jou wakker, veral as jy laataand moes werk
  • Drink baie, baie water
  • Ek glo nogal in ’n skoonheidsroetine met 3 stappe. Ek was my gesig en gebruik baie Tea Tree-produkte omdat ek van die reuk hou. En serums …