mg_5457rz
Ons praat met

Koebaai, Ghana! Julle maak ons trots!

Duisende sokkergeesdriftiges het eergister by die Melrose Arch in Johannesburg byeengekom om tot siens te sê aan Afrika se Black Stars, die Ghanese sokkerspan.

Ghana is verlede Vrydag uitgeskakel toe hulle in ‘n titaniese stryd teen Uruguay verloor het. Maar dit was hul vernuf en hoe hulle elke wedstryd met leeuemoed aangepak het wat Suid-Afrikaners aangegryp het.

‘n See van rooi, swart en geel het ‘n emosionele Ghanese span en die SA Minister van Sport, Makhenkesi Stofile, by die Melrose Emporium begroet. Dit was duidelik dat Ghana Suid-Afrikaners se 2de gunsteling-span vir 2010 is. (Daarom ook seker die bynaam: BaGhana BaGhana!)

**Die Ghanese span is intussen terug huis toe en gisteraand (Maandag 5 Julie) het hul ondersteuners saamgedrom by Accra-lughawe om hul helde terug te verwelkom.

Kyk die VIDEO op BBC se webtuiste