Ons praat met

Kurt inspireer Nederlandse sanger

Vinzzent en Priscilla drink iets by Max Pub. ”Ken jy vir Kurt Darren,” vra hulle. Kort voor lank ontdek ek Vinzzent, van die dorpie Breda, in Nederland, is een van Kurt se grootste aanhangers.

Hy het trouens op Kurt se webtuiste gelees dat Kurt op die Snocomber celeb-ski-toer na St Johann gaan kom en gaan optree saam met Elvis Blue.

Net daar en dan besluit Vinzzent hy kanselleer al sy afsprake in Nederland en ry nege ure om vir Kurt te sien. Sy treffer ‘Dromendans” – geïnspireer deur Kurt se ”Bloubergstrand se son sak” – is immers pas aangewys as ‘n goue treffer in Nederland. “(Dit het meer as 10 000 verkoop!)” En sy CD “Droomwêreld”, bevat 5 liedjies wat deur Kurt geïnspireer is. (www.vinzzent.nl)

”Ek kom uit ‘n baie musikale gesin. Albei my ouers is musikaal. My pa, Willy, woon in Bali en my ma, Aafke, woon in Nederland. Ek sing in Nederlands en in Engels. ”

Hoekom is hy juis sy lief vir ”Bloubergstrand se son sak”? ”Dis besonder positief, maar eintlik hou ek van ál sy musiek. Ek het dit die eerste keer op YouTube gehoor. Ek gebruik nou baie van sy melodieë, maar ander lirieke, en mense ken ook nou sy musiek in Nederland. Ek en Priscille wou hom vanaand kom verras met my CD en hom ontmoet.”

Die oomblik toe Kurt begin sing het, was Vinzzent uit sy nate-uit. ”This is life, this is rock and roll. Dit was absoluut die moeite werd om hierheen te ry.”

En later die aand, toe ek by Kurt hoor wat hy dink van Vinzzent se gebaar, was Kurt nogal aangedaan: ”Wat ‘n eer dat iemand soveel moeite doen om al die pad van Nederland te ry. Dis amazing.”

  • isabel

    As Kurt jou inspireer, dan is jy maar met min in die lewe tevrede.

  • Michelle

    As ek dit nie mis het nie is die melodie nie uit Kurt se pen nie MAAR deur iemand anders wat ook vir Andriette skryf.

  • Pieter

    Ja die Kurt-liedjie, Af-af-af, wat Dromendans geword het, is deur Johan Oberholzer van die duetgroep HULLE geskryf.

  • Rooinek

    Nederlandstalige versies van Kurt se liedjies is beter as baie originele liedjies in Nederland of Vlandere, en vir seker die covers deur Jeroen van der Boom. Maar moenie worry nie, baie Nederlanders en Vlaminge hou van Chris Chameleon meer!