kurt
Ons praat met

Kurt se nuwe lyf + sy dieetgeheime

As mens kyk na die foto’s wat saam met sy twiets op Twitter verskyn, is Kurt die toonbeeld van nuwe gesondheid. Hy lyk maerder, en mense kan nie uitgepraat oor hoe hy lyk nie.

“Ek wil nie plankdun lyk nie, maar dankie, ek wil gesond lyk. Gedurende die jare het ek gesukkel met rugprobleme. Ek is by ‘n plek DBC wat my nou help met rugoefening. Hulle help veral met strekoefeninge sodat ek lekker aktief kan wees.”

Hy stap ook baie, by die huis, op sy plaas. En op die lughawe en by die werk sal ek eerder trappe klim as om die hysbak te gebruik. Elke bietjie help om daardie kalorieë te verbrand.

En ja, hy kyk beslis wat hy eet.
Botter en brood is iets van die verlede. Hy drink báie water, geen koeldrank nie, miskien af en toe vars vrugtesap en mín alkohol. “Ek was nooit `n groot drinker nie. Maar Brutal Fruit en Bacardi Breezers waarvoor ek altyd so lief was, is nét suiker. Ek vermy dit nou. Nou drink ek af en toe wyn saam met vriende in die Kaap.”
 
Hy en Dunay eet steeds lekker uit. “Ander ouens raak vet as hulle trou, ek verloor gewig. Dunay is trots op my dat ek dit op die gesonde manier doen. Sy moedig my aan om reg te eet. Gesond eet is vir haar ook belangrik. Ek was vandag by Select Musiek se Kersparty in Johannesburg. Maar vanaand gaan Dunay vir ons hoenderborsies en groente maak.”
 
Gesondleef is ‘n verandering in jou kop, reken Kurt. En hy voel “fantasties”.
“Ek het al die goeie raad by die eienaar van Bains Game Lodge in Bloemfontein gekry. Hy was `n loods en het baie gesonde eetgewoontes. Hy het ook hierdie gesonde groentesop resep. As ek soms bietjie oortree het, dan begin ek Maandagoggend met `n koppie sop wat ek by hom kry. Moenie my vra wat daarin is nie.”
 
Ski-toer
Kurt se lyf is gereed vir die celeb ski-toer van 21 tot 28 Januarie (saam met nou reeds 80 mense wat op Facebook en Twitter op die advertensies gereageer het, maar daar is nog báie plek) na St Johann in die Tirool in  Oostenryk. Dunay, die sanger Elvis Blue en voormalige rugbyspelers Naas Botha en Bobby Skinstad gaan saam en Snocomber borg die glansmense.
 
“Ek het nog nooit geski nie en ek en Dunay gaan ons eie ski-instrukteur hê. Ek is mal oor uitdagings en is verskriklik opgewonde,” sê Kurt.
 
Kurt het ook sowat ‘n maand gelede begin met helikopterlesse. “Dis moeilik, maar fantasties om alleen in die lug jou eie besluite te neem en stel ook uitdagings aan ‘n mens se lyf.”

  • wendy

    kurt en dunayek wens julle net die beste toe julle is twee voorbeeldige mense en geniet julle ski trippie ..

  • cynthia

    Kurt lyk goed maar ek sal ook nie ‘n ysbak gebruik om in te ry nie, (Hy stap ook baie, by die huis, op sy plaas. En op die lughawe en by die werk sal ek eerder trappe klim as om die ysbak te gebruik) dit is hopeloos te koud

  • W Bowden

    Nie seker wat fietser beteken nie? Bedoel julle FIKSER nie FIETSER!?

  • Ai Tog!

    Bowden, is jy ‘n onderwyser? En Cynthia jou kommentaar klink nie lekker nie…
    Julle mense is darem so negatief oor alles…

  • Alta Cooeln

    Kurt lyk sommer stunning het hom Maandag by die Ofm Carols by Candlelight gesien. Well done Kurt!!

  • Nadia

    W Bowden – Fietser: maerder :)

  • Petro

    Ek hoop net van die ander sangers wat nou so vet geword het, gaan Kurt se voorbeeld volg!

  • sanet

    Mooi so Kurt, waar ‘n wil is, is ‘n weg, jy lyk baie goed, doen so voort!!

  • Denise Lloyd

    Kurt is net een van die bekendes wat die afgelope paar maande deur Christo Strydom van Bains se gesonde eetpatroon gehelp is. VAATJIE, van Mollie & Wors faam het ook altesaam 13 kg verloor en Hennie Smit (Egoli se Bertie) en die sanger Gerrie Pretorius 5 kg elk.

    Die jongste sukses-storie is dié van SOPHIA LOOTS van Goodwood. Sy is die vrou wat aan Elefantiase ly en oor wie HUISGENOOT (27 Okt p179 – "My Lyf, my Tronk" geskryf het.Die dokters het gesê sy moet ten minste 50 kg verloor, voordat hulle sal oorweeg om te opereer om die "gewasse" af te sny.

    Sophia het die afgelope twee en ‘n half weke 14 kg verloor en ook vir die eerste keer in vier jaar, ‘n paar tree gegee. ‘n Week nadat sy met die eetpatroon begin het, het sy haar eerste tree gegee en stelselmatig gevorder totdat sy 12 tree agter mekaar gegee het.

    Die Elefantiase het haar aan haar bed gekluister gehou, maar noudat sy besig is om gewig te verloor, het sy kans gesien om weer te begin loop.

    Besoek gerus http://www.pfep.co.za (onder konstruksie) en die facebook p.f.e.p.

  • Sarie Odendaal

    Die korrekte spelling is- vietser. Dit beteken in Engels – smart, spruce,

  • sophia loots

    KURT SE STAAN OP lied is my insperasie van 12 nov 11 tot en met 19Julie2012 n hele 80kg ligter.ek is onbekend aan myself