Tanya van Graan FOTO: Twitter

Tanya van Graan FOTO: Twitter

Ons praat met

Só laat Tanya van Graan haar huwelik werk

’n Week nadat sy op haar wittebrood vertrek het, was Tanya van Graan wéér in ’n trourok. Dié keer in Willowmore in die Oos-Kaap vir ’n nuwe Afrikaanse rolprent.

Tanya speel die rol van Mari, ’n jong bruid, in die fliek Spook van Uniondale. Die fliek, met sterre soos Ivan Zimmerman, Tobie Cronjé en Adam Tas, is geïnspireer deur die ikoniese verhaal van die spook van ’n verliefde vrou op dié Karoo-dorp.

“Ek was baie opgewonde om deel te wees van dié storie wat ek al van my kleintyd af ken,” vertel Tanya, wat op 28 Oktober verlede jaar met die Deense sakeman Kasper Kristoffersen getrou het.

spook van uniondaleSy vertel dat die getroude lewe nie soveel anders is as om ongetroud te wees nie. “Maar dis selfs meer amazing, want jy weet jou pilaar is daar.”

“Jy leer baie van jouself uit die getroude lewe. Ek wil net ’n beter mens wees vir hóm,” vertel sy oor haar eerste maande as getroude vrou.

“Vir ’n gelukkige verhouding en huwelik is dit só belangrik om die régte persoon te kies,” vertel sy.  “Want die regte persoon is iemand wat saam met jou die doel vir jou lewe kan bereik.”

“Jy moet iemand vind wat jou lewe verstaan, ondersteun en saam met jou opgewonde raak,” wei sy uit.

Tanya se 5 wenke om jou verhouding te laat werk

  • Wees selfsugtig én onselfsugtig: maak seker jy weet wat jy in jou lewensmaat soek en dat jy daardie persoon kies. Anders is dit ook onregverdig teenoor hom.

  • Wees jouself: weet wie jy is en wees dan jouself. Jy kan nie in ’n huwelik voorgee om iemand anders te wees nie.

  • Weet wat jou doel in die lewe is: weet wat jy in die lewe wil bereik en maak seker julle leef sáám vir jul albei se doelwitte.

  • Wees nederig: moenie bang wees om te erken wanneer jy verkeerd was nie

  • Gee! Maak seker jy gee genoeg om mekaar aan te vul. En luister sodat jy weet wat jou maat nodig het en dít vir hom kan gee.

Kyk hier na Tanya en Kasper se spesiale trouvideo

Tanya & Kasper // La Residence from Ian Badenhorst on Vimeo.

FOTO: Instagram  @tanyavangraan

FOTO: Instagram @tanyavangraan

Nóg verliefdes op SARIE.com