Ons praat met

Laurika Rauch oor maer word – en haar jaar vorentoe

SARIE het heelwat reaksie gekry op die Kurt & Laurika Skoupêl op 14 en 15 Julie by die Volksbladfees in Bloem (in die Studentekerk), waaroor ons vroeër berig het. Lulu van der Walt, regisseur van dié musikale kragtoer, is baie opgewonde daaroor. Kurt Darren het reeds meer hieroor vertel. Marguerite van Wyk het ook by Laurika Rauch gehoor hoe sy daaroor voel – en wat op die oomblik in háár lewe gebeur . . .

Is dit lekker om saam met Kurt te werk?
Kurt is `n uiters professionele, vindingryke en aangename mens om mee saam te werk. Sy energieke manier van dinge doen, is aansteeklik.

Watter liedjies van Kurt is jou gunstelinge?

”Kaptein”, ”Die verloorder”, ”Kom ons vat die langpad”, ”Standing on the Edge”, ”Hemel op Tafelberg”. En baie ander.

Wat het jy by Kurt geleer?
Hoe om doeltreffend op te tree met jou tyd en tegniese goed in die benadering, frasering en sing van liedjies.

Dink jy jul musiek werk goed saam?
Ons stemme ”lê” soms in dieselfde plek as ons `n liedjie sing en ek dink ons het raakpunte as dit kom by ons benadering van hoe om die betekenis van `n liedjie oor te dra.

Watter ander opwindende projekte beplan jy vir die res van die jaar?

Ek is besig met die voorbereiding van `n nuwe CD en sien verskriklik uit na die proses. Ek soek nog `n paar lekker, opgewekte liedjies. Ek doen ook nog `n paar ander vertonings soos `n produksie van die 10-jarige vieringe van die Gariepfees saam met La Diva, twee optredes saam met die Universiteit van Pretoria se Simfonie-orkes in Oktober en twee vertonings saam met Lize Beekman in Port Elizabeth. Dan is daar nog die 10-jarige Skouspel-vieringe wat voorlê in Oktober.

Jy lyk ongelooflik. Jou gewigsverlies is `n inspirasie. Wat is jou geheim om so goed te lyk?
Dankie vir die kompliment. Ek probeer om elke dag (sommige dae met meer sukses as ander) goeie leefstylgewoontes te hê, soos genoeg oefening, meer tyd vir myself, baie water en die regte vitamienes. Ek het die voorreg van `n ma gehad wat my van jongs af bewus gemaak het van daaglikse velsorg. Ek probeer dinge eenvoudig hou.

Jy bly immergewild. Jou suksesresep?

Ek het geen idee nie, maar is so geweldig dankbaar dat daar mense is wat hou van wat ek doen en hoe ek dit doen.

Vernuwing is baie belangrik in die musiekbedryf en jy skrik nie daarvoor nie. Is dít nie deesdae die paspoort tot oorlewing nie?
Vernuwing is `n móét vir oorlewing en vir die gehalte van jou lewe en werk. As ek nie meer kans sien om te waag nie, sal ek ophou sing.

* Klik ook op www.laurikarauch.com

  • Carole Schulz

    Wil net laat weet dat ek in die bevoorregte posisie is om die persoon te wees wat Laurika se konsert saam met Lize Beekman in Desember 2009 in Port Elizabeth gereel het (L2 – Saam op Reis). Die opbrengs van die konsert was ten bate van Merryvale Skool en Lelethu Baby Shelter en die konsert was ‘n onootreflike sukses en almal wie die voorreg gehad om dit by te woon is dit eens dat hulle gerus weer so kan maak!! Ek wil natuurlik he hulle moet die land plat toer daarmee maar vir eers is Laurika en Lize van mening dat dit ‘n spesiale vertoning NET vir PE was! Maar… ek is seker as SARIE aan boord wil kom sal ek hul anders kan oorreed…

  • fP2Uic dxdbbagyaqjb, [url=http://kiutlielgqtu.com/]kiutlielgqtu[/url], [link=http://xqqgfbccvpgj.com/]xqqgfbccvpgj[/link], http://lyxzsqohkmbs.com/