Derick en 'n hoogswanger Karlien by die première van As jy sing in 2013. FOTO: Phyllis Green

Derick en 'n hoogswanger Karlien by die première van As jy sing in 2013. FOTO: Phyllis Green

Ons praat met

Leah en Karlien praat oor hul nuwe fliek,’As jy sing’ PLUS het die Hougaard-tweeling al rugbyballe?

 

Deure het vir Leah oopgegaan toe sy verlede jaar as Rapport se Model van die Jaar aangewys is. Johan Vorster het haar raakgesien en gedink hy soek iemand wat só lyk, maar wat kan sing, dans én toneelspeel vir sy volgende projek. Min het hy geweet dat dié blondekop baie talentvol is.

 

Leah

Leah

 

Nou is Leah (Leani van Niekerk) die hoofrol in Johan Vorster en André Odendaal se As jy sing – ’n Afrikaanse musiekfilm waar toneelspel, dans én sang op gelyke voet geplaas word.

 

Wie is Leah? Leer ken haar hier!

 

 

SARIE.com het op die rooi tapyt by die première van As jy sing met Leah gesels:

 

Karlien van Jaarsveld

Karlien speel in As jy sing ’n kok wat nie kan kook nie – net soos die Karlien in die regte lewe, lag sy. Ons gesels met haar oor die rol en die koms van die tweeling (blykbaar begin dié twee nou vir Ma ongemaklik maak) in dié video-onderhoud: