darren_kelfkens_en_peggy
Ons praat met

Leandi du Randt, nuwe ster van die Egoli-fiek en Getroud met Rugby

Nie sleg vir ’n 22-jarige meisie van Makwassie in Noordwes nie, wat boonop besig is met haar honneursgraad in bedryfsielkunde.

Makwassie is ’n oulike naam vir ’n dorp . . .
Ek is mal daaroor. Die dorpie is klein en die strate van baksteen. En daar is net een teerstraat en een verkeerslig.

Was jy bly toe Franz Marx jou laat weet jy gaan in die fliek speel?
Baie. Maar ek was ook senuweeagtig om saam met so baie bekende mense te speel. Ek was in st. 1 (gr. 3) toe kyk ek vir hulle op TV.

Hou jy van die fliek?
Ja. Ek is mal oor die army-drama in die begin.

Hoekom is jou karakter ’n ontkleedanseres?
Dis maar om te wys wie Joe is. Hy hang in strip clubs uit, waar hy sy girlfriend ontmoet het. My karakter het maar swaargekry in haar lewe.

Almal kry swaar in daai fliek, en nie een het geld nie.
Presies.

Maar ontkleedanseresse maak tog sakke vol geld.
Maar dan vat hul kêrel dit!

Hoekom laat hulle dit toe?
Die ouens hou nie juis daar-van dat hul meisie strip nie, maar wel van die geld. Hulle is self te slapgat om te werk.

Hoe het jy voorberei vir die rol?
David Rees het gesê ek moet Karin Eloff se Stiletto lees. En Franz het gereël dat wyle Lolly Jackson se PA my afrig.

Jy het ’n baie mooi lyf.
Dankie. Ek eet nie stysel nie. En net een keer ’n week eet ek wat ek wil.

  • http://akifdoelbsai.com/ aalnpfkr

    fGfKxe uggqzlvqhucw, [url=http://haxuizjbaxbc.com/]haxuizjbaxbc[/url], [link=http://ermeeuxpzesk.com/]ermeeuxpzesk[/link], http://epadoiwiwfnx.com/