FOTO: Marijke Willems

FOTO: Marijke Willems

Ons praat met

Leon Schuster gesels oor ‘dating’, trou, kinders én kleinkinders

Dié 62-jarige fliekmaker en komediant is nog lánk nie te oud vir liefde en afsprake nie …

Wanneer laas was jy op ’n date?

Ek het in die begin van die jaar ’n Bloemfonteinse girl vir so rukkie gedate. Ons is weens die afstand nou net vriende. My ma het my al gewaarsku om op te hou om met jonger girls deurmekaar te raak. Ek hou toevallig ’n bietjie van die jonger girls, dis nou maar in my. Maar ek het meer nommers van dokters asgirls in my little black book.

Sal jy weer trou en kinders kry?

Ek kan nie verwag om ’n 35-jarige bokkie te kry wat nie ’n kind gaan wil hê nie. Ek voel ek het hard gewerk om vier kinders groot te maak – I’ve done my deal. Ek is nou al ’n oupa van drie! Tog, as dit my beskore is om ’n jong vrou te kry en sy wil kinders hê, sal ek dit vir haar gee en dinge sal uitwerk. Ek sal net baie minder pajamadril kan doen!

FOTO’S: Marijke Willems
 

SARIE-lesers het ook die geleentheid gekry om vrae aan Leon te stel:

Wat laat jou huil? – Annari Bonthuys, Pretoria

Ek huil as my kinders ongelukkig is. Ek is partykeer hard op hulle en as ek en my seun vasgesit het, is ek dadelik spyt, dan huil ek. Ek sê darem jammer en ons praat dinge uit. Ek huil ook as ek ’n aangrypende fliek kyk.

Is jy ’n grapmaker tuis ook? – Christa Janse van Rensburg, Newcastle

Ja! Ek het ’n poepmasjientjie met ’n remote waarmee ek gereeld familielede en vriende uitvang. Ek het onlangs my skoonseun, Jakes Jacobs, uitgevang en gemaak asof ek my kleinkind Mia op die grond laat val. Hy’t byna ’n beroerte gehad! Ek deel baie van my grappe met my ma en kinders – hulle is ’n goeie barometer. Ons het baie pret saam.

Wat is jou eerste gedagte wanneer iemand jou op straat voorkeer en vra: Vertel vir ons ’n grappie? – Pedro Kruger, Kaapstad

Negatief. Want ek’s nie ’n lopende grap-ensiklopedie nie. Ek’s nie ’n storieverteller nie, ek’s ’n prankster. Maar ek sal nooit nee sê vir ’n aanhangerfoto nie. Ek sal eerder vinnig sing of gesigte trek.

Juanita du Plessis Oktober 2013

 

 

 

Lees die volledige onderhoud met Leon Shuster in die Oktober-uitgawe van die SARIE. Hy gesels hierin oor lag, liefde en depressie…