Ons praat met

Lewis Pugh gesels en wys sy foto’s

Uittreksel – volledige artikel in SARIE September 2011

Watter rol het jou ma, Margery, gespeel?
Sy het my net soveel van deursettingsvermoë geleer. Voor my pa se dood aan Alzheimersiekte het sy hom byvoorbeeld daagliks sewe jaar lank in die versorgingsoord gaan besoek. Ek het my pa op ’n troontjie geplaas, maar tydens die Noordpoolswem – toevallig op die herdenking van sy sterfdag,
15 Julie – het ek net aan my ma gedink. Ek wou nie hê sy moes ’n man en ’n seun op dieselfde dag verloor nie.

Jy woon die helfte van die jaar in Brittanje. Beskou jy jouself as ’n Brit of ’n Suid-Afrikaner?
Ek sal altyd vir Brittanje, waar ek gebore is, swem. Hoekom weet ek nie, want ek het dieselfde hoeveelheid jare daar as hier deurgebring. Kom dit by omgewingsveldtogte, dan doen ek dit vir Suid-Afrika. As ek in een land is, dink ek aan die ander.

Hoekom swem jy in net ’n Speedo?
Ek wou hê die wêreld se media moet die swempogings dek. As ek ’n duikpak gedra het, was BBC en CNN nie daar nie.T weedens vra ek sakeleiers en regerings gereeld om te verander, soos om eerder hernubare energiebronne [bv. son en wind] te gebruik. Sulke leiers het moed nodig, daarom moet ek ook dapper wees.

Jy het die vermoë om jou liggaamstemperatuur te verhoog. Hoe werk dit?
’n Mens se gedagtes beïnvloed jou fisieke reaksie. Net voordat ek swem, herleef ek die gevoel van in die nag valskerm spring soos in die SAS. My hart klop vinniger en my adrenalienvlak en temperatuur styg.

Hoekom voel jy so sterk oor moontlike fracking in die Karoo?
Dis idioties! Fracking in Amerika het reeds getoon dat die ondergrondse water só besoedel word. Tweedens probeer die mens die laaste gas uit die aarde tap. Wat van die toekoms? Fracking gee dalk tydelik vir mense werk, maar waar gaan al dié mense op lang termyn water kry?

Prins Charles deel jou passie vir natuurbewaring en julle het een aand tydens ’n dinee langs mekaar beland. Wat was jou indrukke?
Hy sal die wonderlikste koning wees! Hy is intelligent, interessant, vol lewe, goed belese en het ’n stout sin vir humor. Hy is ook sy tyd ver vooruit. Die prins het al 20 jaar gelede gesê ons is besig om die natuur op te foeter.

Wat is die belangrikste ding wat ons vir die natuur kan doen?
Hoe kan ons van ons kinders verwag om luiperds en leeus te wil beskerm as hulle dit nooit sien nie? Neem hulle na ons nasionale parke toe. ’n Mens beskerm net dit waarvoor jy lief is.

[box:full:grey:both]

Douwlina du Plessis, Bloemfontein

Watter plek waar jy al geswem het, het vir jou die mooiste natuurtonele?
Die mooiste plekke ter wêreld begin met “N”: Noorweë met sy pragtige fjords en rendiere wat my, nadat ek geswem het, op die strand inwag. Namibië met sy uitgestrektheid en woestyn, en Nepal waar die
berge regtig wow! is.

Mariesia Ninow, Krugersdorp
Hoe hanteer jou vrou jou behoefte om kanse te waag?
Ek waag nie kanse nie. Ek en my span doen alles om die sport so veilig moontlik te beoefen. So het ek al Russiese soldate in my span gehad wat my teen ysbere beskerm het. Antoinette sê altyd
vir my: “Ek sal jou nooit keer om iets te doen wat jou roeping in die lewe is nie.”

Ivor Price, Kaapstad As jy ’n enorme begroting gehad het om as regisseur ’n hoofstroom-Hollywood-fliek te maak, waaroor sou dit wees?
’n Hollywood-fliek is vir een maand gewild en dan verby. Ek sou eerder ’n fliek maak wat ernstige ondersoekende joernalistiek verg, soos Gasland, wat die hoogs omstrede fracking in Amerika ondersoek, en The Cove, wat handel oor die uitwissing van dolfyne.

[/box]

  • Hermien de Swardt

    Ons was die afgelope naweek by ‘n konferensie waar Lewis ‘n gasspreker was – ek wens almal kan sy storie hoor! Hy is ‘n absolute inspirasie en ek probeer nou sy oortuigings ook aan my kinders oordra : jy kan nooit vir jou brein ‘n doelwit om te oorwin gee, maar terselfdertyd ‘n agterdeur van moontlike mislukking oophou nie. Jy kan net sukses behaal as jy glo in jouself!

  • jrbsvkq

    O1RHRn ltboiocjffjv, [url=http://thwgnkwdrqep.com/]thwgnkwdrqep[/url], [link=http://fbggyjfnaeng.com/]fbggyjfnaeng[/link], http://xsghhxryblac.com/