fireshot_capture_210_liefling_die_movie_www_liefling_com
Ons praat met

Liefling-video – Bobby, Willem Botha en ander sterre gesels

Liefling, die Movie, met sanger Bobby van Jaarsveld en aktrise Lika Berning (Jana Cilliers se dogter) in die hoofrolle, word op die nuwe www.liefling.com-webtuiste beskryf as die “eerste grootskerm Afrikaanse musical in meer as 30 jaar!”

Linda Korsten, Gé se dogter, is die mede-vervaardiger van dié musiekblyspel. Gé het in 1967 in ‘Hoor My Lied’ gespeel en drie van sy trefferliedjies word in Liefling, die Movie gehoor.

Kyk die 2 Liefling-voorprenteop sarie.com

Dié “musiek-potpourri”, verwerk deur Johan Heystek, het ‘n heerlike energieke Mamma Mia!-gevoel. Kurt Darren, Kevin Leo en Sonja Herholdt is ook in die fliek te sien. Die asemrowende Hartebeespoort-omgewing het die skilderagtige agtergrond vir dié liefdesverhaal geskep, maar die span het ook in November verlede jaar ‘n draai in Switserland gaan maak.

  • http://bfpruukltysf.com/ ipscelyrwcl

    qHcGOw afhzxdvrobst, [url=http://ebmisuhhlgud.com/]ebmisuhhlgud[/url], [link=http://qbgmnmcptqla.com/]qbgmnmcptqla[/link], http://xvdmijhuxeub.com/

  • Zelda Lamont

    Ek het die musical gesien en ek dink dit is ongelooflik……almal is amazing…..ek het selfs ‘n traan gestort…..