Ons praat met

Lika Berning oor baba no.2 en swangerskap

Lika is deel van SA film-royalty: Haar ma is die aktrise Jana Cilliers en haar pa regisseur Regardt van den Bergh. Lank, sê sy, het sy in die skadu van haar bekende familie geleef. Maar nou is sy Lika Berning uit eie reg. Aktrise, vervaardiger, ons voorbladgesig vir Mei, en ’n ma met ’n lente-baba op pad!

SARIE het met Lika gesels oor haar lewe. Hier volg ‘n uittreksel van die onderhoud. 

Hul nuwe baba glad nie ’n glips nie. “Ons albei se loopbane (haar en haar man, Clyde) het so goed gegaan ná hul eersteling, Hugo, gebore is, dat ons vasgevang geraak het in werk. Dit was lekker, maar toe dit drie jaar so aangaan, het ons besluit ons moet nou tyd máák – anders is Hugo en sy boetie of sussie te ver uitmekaar uit.”

As dit nog ’n seuntjie is, sal hulle weer wil probeer vir ’n dogtertjie sodat hulle darem een van elk kan hê. “Maar oeg, dis nie iets waaraan ek nou wil dink nie! Ons sal maar moet kyk hoe gaan dinge.

Soos dit is, is hierdie swangerskap klaar moeiliker omdat ek so naar gevoel het.”

FOTO: Leana Clunies-Ross Foto geneem by Bistro Vine Parkhurst, 011 327 4558, www.bistrovine.co.za

FOTO: Leana Clunies-Ross
Foto geneem by Bistro Vine Parkhurst, 011 327 4558, www.bistrovine.co.za

Lika gesels oor haar nuwe swangerskap

Sy beplan om weer natuurlik te kraam – sonder enige medikasie. “Kyk, ek het gebrul van die pyn daai dag. Maar dit was ook ’n wonderlike ondervinding. Ek glo ons is ge- maak om die pyn te kan hanteer, en dis eintlik bemagtigend om daardeur te kom – ek het ná Hugo gevoel ek kan énigiets doen.”

Hulle skrop nou nes vir die nuwe pienkvoet in hul huis in Wynberg, Kaapstad, waarheen hulle einde verlede jaar getrek het. Voor dit het hulle op ’n plaas buite Plettenbergbaai gewoon.

Een gelukkige leser kan ’n replika van die hangertjie wat in die nuwe Suid-Afrikaanse fliek French Toast te sien is, wen

“Ons het soontoe getrek veral om Hugo en ons toekomstige kinders se onthalwe, en dit was ’n droom. Hugo het in ’n kranige rugbyspelertjie ontpop – sy linker-boot is ongelooflik. Ons het soveel tyd buite deurgebring, en ek het brood, konfyt en jogurt self gemaak. Maar dit was moeilik met werk, en daarom moes ons trek. Ons woon darem in ’n lieflike, rustige omgewing. Kyk, jy kan ook beplan en beplan, maar die lewe gebeur soos dit wil gebeur.”

Maar daaroor is sy nie bekommerd nie. “Dis nóg ’n ding wat ek by my ouma geleer het – sy was ’n baie filosofiese mens en het gereeld gepraat oor dinge soos ons plek in die heelal. Ek is dalk ’n beheervraat, maar ek geniet dit ook om die lewe sy gang te laat gaan – dan is elke nuwe dag of nuwe ding ’n wonderlike verrassing.”

Blaai deur die foto-album vir gesinsfoto’s

Lika en Hugo
FOTO: Facebook

Clyde, Lika en Hugo in die agtergrond
FOTO: Facebook

Clyde en Hugo
FOTO: Instagram @likaberning

Lees nou