sr1002lizebeekman_robert_hamblin
Ons praat met

Lize Beekman se hoop, vrese en drome

Ek hoop

om in my musiek altyd my hart te volg, om doelgerig en toegewyd te wees sodat ek altyd weet die eindproduk is my beste. Ek glo as jy só handel, sal die detail in plek val.

dat my musiek, soos enige loopbaan, sal voorsien in my finansiële behoeftes vir oorlewing en om ook geld te hê vir kosbare ervarings. Dis wat my verstand verlang. My hart verlang dat my musiek vlerke sal kry en vlieg – selfs lank nadat ek nie meer hier is nie. Dat dit mense nie sal verbygaan en onaangeraak laat nie.

vir geloof, hoop en liefde vir ons land. Dis ook daagliks my gebed.

om Nashville, Tennessee, eendag te besoek. Dit sal ‘n droom wees wat bewaarheid is – dis die mekka van liedjieskrywers!

Ek is bang

Vrees is ‘n verlammende en nuttelose emosie waarteen ek soms bewustelik moet baklei, veral omdat dit jou kan bekruip en beroof van durf en waagmoed en selfs soms geloof. My enigste verweer hierteen was nog altyd om dit te erken en myself daaraan te herinner dat ek tot alles in staat is deur Hom wat my krag gee. Dan kan ek die oorsaak takel en in die oë kyk.

vir leeus. Om stil te staan en ‘n leeu in die oë te kyk is nie ‘n scenario wat ek voel ek op die proef wil óf hoef te stel nie!

Verhoogvrees? Nee. Skoenlappers (soms so groot soos Boeings) op die maag, ja, beslis. Maar dit dra by tot my fokus wanneer ek agter die gordyn uitstap.

Ek ontvang moeilik. Dis vir my heerlik om te gee, maar ek ontneem dikwels ander die kans om dit vir my te doen.

Ek moes al aan myself erken dat daar soms ‘n angstigheid in my binneste kom draai dat my tyd gaan uitloop voor ek alles gedoen en beleef het wat ek voel ek wil en moet beleef. Dít probeer ek egter doelbewus ignoreer.

Wat ek geleer het

Die handboek oor liefde en verhoudings bestaan nie. Jy kan nie die kursus loop, die graad kry en dit dan foutloos leef nie, jy moet steeds en gedurig bereid wees om te probeer leer.

As môre jou gedagtes en handel oorheers, is die kans goed dat jy die kosbaarhede vandag gaan miskyk. Dis ‘n cliché omdat dit so waar is.

Ek huil as mense genadeloos wreed is. Dit breek my hart.

Dit sal vir my kosbaar wees as ek eendag kan terugkyk op ‘n loopbaan wat nie net vir my gesorg het nie, maar ook ‘n merkbare verskil gemaak het in die lewe van ander.

Die lewe is voortdurende keuses. Soms is dit bloot ‘n keuse van “dié of daai”, soms is dit “reg of verkeerd”. As jy voortstorm en ondeurdag optree met ‘n “reg of verkeerde”-keuse, kan jy eindig met spyt wat te laat kom. Dis ‘n nare plek waar ek myself al bevind het. Vandag is die detail onbelangrik, maar die lesse geleer, is enorm. Ek glo – ek moes daaraan werk – jy moet die spyt laat gaan en net die les behou.

Ek ontvang moeilik. Dis vir my heerlik om te gee, maar ek ontneem dikwels ander die kans om dit vir my te doen. Mense na aan my wys dit gereeld vir my uit, so ek probeer regtig om die les te leer.

Ek het ‘n “aha”-oomblik beleef wat ‘n groot impak op my gehad het. Dit was op ‘n dag toe dit gevoel het asof mense en dinge my hart uitruk. Dit het my verslae gelaat. Ek het dringend en ernstig my lewe in heroënskou geneem en by ‘n enkelsin-antwoord uitgekom: Ek wil ‘n lewe lei wat opbouend is, nié afbrekend nie - op professionele en persoonlike vlak. Selfs my geringste handeling en gedagte meet ek aan die vraag: Is dit opbouend of afbrekend? Om dit prakties toe te pas is heeltyd in my bewussyn.

Lesse van my ouers – my lewe lank – is nie gebêre in woorde nie, maar in dade. Sou ek hul voorbeeld kon volg, sou ek ‘n beter mens wees. Ek sê nie hulle is perfek nie, maar in hul hantering van ons feilbaarheid as mense lê die voorbeeld van ‘n bewustheid en afhanklikheid van ‘n Groter Genade.

Ek huil as mense genadeloos wreed is. Dit breek my hart.

Wat laat my lag? Toe my sussie se dogtertjie, Lisa (5), baie ernstig vir haar ma vra of sy dink haar (Lisa se) man sal eendag na hul baba kyk terwyl sy saam met tannie Lize op die verhoog sing!

Moenie nalaat om seker te maak waar die stopkraan van jou nuwe huis is nie, want dis nié noodwendig onder die sementdekseltjie in jou voortuin nie!

**Besoek Lize Beekman se webtuiste om te sien waar en wanneer sy optree 

  • Jeanne-Marie

    Hallo jy
    Ons was saam op skool – ek geniet en waardeer jou musiek ongelooflik. Jy lyk fantaties.
    Sterkte met dit wat jy vir 2010 beplan.
    Jesus-liefde
    Jeanne-marie

  • http://rbjtkzpbbbdp.com/ isxjytwk

    R8ctXu mkrladvglawe, [url=http://yarxwpcpchdx.com/]yarxwpcpchdx[/url], [link=http://gwcmjvxymtnh.com/]gwcmjvxymtnh[/link], http://dvysdgqubrdm.com/

  • TINEKE

    Ja. Lize. Jy is so spesiaal. En omdat jy altyd iewers n verskil maak, maak dit net nog meer kosbaar. Jy is kosbaar en spesiaal in God se oë en n inspirasie vir almal wat jou bewonder. Vir jou famieli en vriende is en bly jy die ster op die verhoog en daars altyd musiek op jou eiland. Seënwense

    Tineke