photolizz_300w
Ons praat met

Ellen Pakkies se verhaal word nou ook ’n fliek en Lizz Meiring is wéér in die regisseurstoel

Aktrise, skrywer en regisseur Lizz Meiring werk nou hard daaraan om die gewilde verhoogproduksie My naam is Ellen Pakkies in ’n rolprent te omskep.

Dié gewilde produksie speel al vir drie jaar in volgepakte teaters en het selfs al ’n draai in Nederland gemaak. “Ek praat onder korreksie, maar dis moontlik een van die langste speelvlakke vir ’n drama in Suid-Afrika,” vertel Lizz oor dié produksie se sukses waarvan sy die regie behartig én geskryf het.

My naam is Ellen Pakkies is losweg gebaseer op die lewe van Ellen, ’n ma van die Kaapse Vlakte, wat haar tikverslaafde seun vermoor.

Christo en Vinette by Lizz. Dié drie werk al drie jaar aanMy naam is Ellen Pakkies  FOTO: verskaf

Christo en Vinette by Lizz. Dié drie werk al drie jaar aanMy naam is Ellen Pakkies
FOTO: verskaf

Die film

Lizz hoop dat Vinette Ebrahim en Christo Davids, wat die hoofrolle in die verhoogproduksie speel, dit ook in die rolprentweergawe sal speel. “Nou is die uitdaging om meer aspekte van Ellen se lewensverhaal te kies om in die storie te gebruik,” vertel Lizz aan SARIE.com.

“Ek dink die lekkerste sal wees om te sien hoe al die verskillende aspekte saamkom in die fliek – hoe elkeen wat deel is daarvan tot die finale weergawe bydra.” Alhoewel sy reeds aanbiedinge van oorsee gekry het, kies sy om dit ’n Suid-Afrikaanse produksie te hou met Suid-Afrikaanse talent.

Lizz wil ook nie die fliek só maak om vir die kykers te sê wát om te dink nie, maar wil hulle net eerder aan die dink kry – soos wat sy met die verhoogstuk gemaak het.

My werk is om mense aan hul menslikheid te herinner – ek is die boodskapper van vrae, nie die predikant nie.

Die inspirasie

“Ellen se verhaal is een wat gaan oor vergifnis, hoop en hoe om aan te beweeg. Ons almal het iets om te vergeef – of jy nou jouself moet vergewe of iemand anders.”

Liz vertel verder oor haar bewondering vir Ellen se deernis en krag. Ellen is betrokke by die verhoogproduksie én gaan ook by die fillm betrokke wees.

Ellen het my geleer dat innerlike krag, spiritualiteit en omgee nie net op papier geskryf staan nie. Jy moet dit lééf ook.

 

Vinette en Christo in  My naam is Ellen Pakkies  FOTO: verskaf

Vinette en Christo in My naam is Ellen Pakkies
FOTO: verskaf