Ons praat met

Lucas Maree: “Ek’t byna als gedoen wat ek wou”

Sangeres Amanda Strydom het gisteraand op Facebook laat weet: “Lucas is sopas oorlede. My hart gaan uit na Ilse en sy dogters. Ag, ou grote, ons gaan jou so mis, my hart is stukkend. Niks meer pyn, niks meer seer. Veilig op jou kliptroon in Victoriabaai.”

Jakkie Louw het ‘n boodskap wat glo deur Coenie de Villiers geskryf is, gepos: “Ons groot vriend en kollega Lucas Maree het vanaand net voor elf by die groot hemelse koor aangesluit. Hy kry nie meer swaar nie. Gun asseblief vir Ilse en die kinders ruimte om te rus en bietjie te slaap. Ons sal hom mis en dank Hom dat ons vir Lucas kon ken, en vir die songs wat hy vir ons nalaat. Laat maar ook ander weet indien ek iemand uitlaat. Groete, Coenie de Villiers.”

In ‘n onlangse onderhoud met SARIE het hy gesê: “Die meeste het ek reeds gedoen. Sommige selfs twee keer. Ek hou vas aan goue oomblikke soos die uitreiking van my eerste CD in 1992 en die geboorte van my dogters.” Ilse, vir wie hy die liedjie “Droomvrou” geskryf het, en sy drie dogters is sy hart en siel.

Hier volg Lucas se laaste onderhoud met SARIE in die Februarie-uitgawe:

Do not stand at my grave and weep,
I am not there, I do not sleep.
I am in a thousand winds that blw,
I am teh softly falling snow.
I am the gentle showers of rain,
I am the fields of ripening grain.
I am in the morning hush,
I am the graceful rush
Of beautiful birds in circling flight,
I am the starshine of the night.
I am in the flowers that bloom,
I am in a quiet room.
I am in the birds that sing,
I am in each lovely thing.
Do not stand at my grave and cry
I am not there. I do not die.

(“Do Not Stand At My Grave and Weep”, Mary Elizabeth Frye, 1932)

Lucas Maree se dogter Carla (22) het op 16 Desember 2010 die gedig hierbo vir haar pa op Facebook gepubliseer. Lucas is toe vir die tweede keer in weke in die hospitaal opgeneem. Dié keer met nierversaking. Die gedig som die gesin se filosofie oor sy siekte en die dood op.

“Ek is nie bang vir die dood nie. Ek is doodbang om in vrees te lewe. Niks kan aakliger as dít wees nie,” vertel Lucas.

Hy het selfs aan sy vriende ’n boodskap op Facebook gestuur: “Kanker is ’n siekte van die lyf; net soos bedsere of puisies of diarree . . . Dit word net erger gemaak omdat ons toelaat dat dit ’n siekte van die gees word deur dit kop toe te vat. Ek vat niks meer kop toe tensy dit iets positiefs is nie.”

Hy stel nie in chemoterapie of bestraling belang nie. Hy wil lewensgehalte hê. Sy vrou, Ilse, dogters Monica (27), Linda (23) en Carla en sy jonger suster René Jansen van Vuuren staan hom by en bederf hom.

Hulle praat nie oor die prognose van sy siekte nie, sê hy. “Ons praat nie oor dinge wat kan doodmaak nie. Dit wat my aan die lewe hou, is liefde.” Hy is ook nie bang om deur die dood van sy vrou en dogters weg te gaan nie.

“Ek laat genoeg van myself agter om in hul herinneringe te bly leef. My ma, Maggie, is al 30 jaar dood en ek dink steeds elke dag aan haar. Vir my leef Maggie Maree, vir wie ek ‘Victoriabaai’ geskryf het, voort.”

Lucas het nie ’n bucket list nie. Die gelyknamige fliek oor twee mans (gespeel deur Jack Nicholson en Morgan Freeman) wat ’n klomp ervarings wil beleef voor hulle doodgaan, het ’n groot indruk op Lucas gemaak.

“Maar ek het eintlik min goed op my lysie oor wat ek wil doen. Die meeste het ek reeds gedoen. Sommige selfs twee keer. Ek hou vas aan goue oomblikke soos die uitreiking van my eerste CD in 1992 en die geboorte van my dogters.” Ilse, vir wie hy die liedjie “Droomvrou” geskryf het, en sy drie dogters is sy hart en siel.

“My kinders, o, my kinders. Min woorde kan beskryf hoe lief ek hulle het en hoe trots ek op hulle is. Ek was ’n tuispa toe hulle klein was en Ilse die hoof-broodwinner. Dit het ’n noue band tussen my en die kinders gesmee waarvoor ek innig dankbaar is. Dit was ’n voorreg om dit saam met hulle te kon beleef.”

Hy is dankbaar dat hy Ilse as lewensmaat gekry het. “Moet net nie laat sy dit hoor nie, maar sy is ’n wonderlike vrou.” Dis nie vir Ilse lekker om haar man so siek te sien nie.

“My keel het nou die dag toegetrek toe hy so baie ernstig siek was. Ek was benoud en angstig. Maar ons gee nie op nie. Ons het as gesin besluit ons staan saam teen die ding.

Ons gaan nie nou op-crack nie. Ek het vir die dogters gesê as iemand wil crack, moet sy dit om die hoek gaan doen en nie voor Lucas nie. Monica moes vandag na ’n troue in die Kaap ry en het haar pa met ’n swaar hart agtergelaat. Maar ek het gesê sy moet gaan. Haar pa is omring deur liefde.” Ilse is ’n sekretaresse by ’n argitek en danksy die bouersvakansie kon sy gelukkig Desember elke dag langs haar man se bed wees.

“Ek is hier om toe te sien dat hy liefde kry en gemaklik is. Sy toestand kan dalk verbeter as hulle stente in sy nierpype sit om die vloei te verbeter, maar ons is nie nou haastig om daardie besluit te neem nie. Ons laat ons nou deur niks aanjaag nie.”

Hulle gebruik ’n alternatiewe terapie (wat nie deur sy dokters voorgeskryf is nie) tuis wat elektriese impulse na die aangetaste dele in sy lyf stuur en hulle glo dit help sy lewensgehalte verbeter.

“Dokters kan ’n prognose gee, maar ons bly positief. Ons gaan hulle nog verkeerd bewys.”

Ilse verwerk die spanning deur besig te bly. “Party dae is dit moeilik. Maar ek kan nie bekostig om te gaan sit en myself jammer te kry nie. Dis ook nie die soort mens wat ek is nie.”

Lucas se inskrywings op Facebook vertel hoe hy sy siekte met humor hanteer. Nadat hy ’n vorige keer uit die hospitaal ontslaan is, skryf hy aan sy vriende:

“Doodmoeg en by die huis. Nou kom die groot aanpassing! Maar die wêreld kan maar tot môre toe sonder my draai. He he he . . .”

Lucas se CD-projekvideo

Die waarde van vriendskap het soos ‘n helder lig geskyn die dag toe ‘n groep top-kunstenaars saamgekom het om geld in te samel vir hul siek musiekmaat Lucas Maree.

En hier is die VIDEO. Kyk vir Mathys, Kurt, Steve, Danie Niehaus, Lochner de Kock, Dozi, Jannie Moolman en nog vele ander waar hulle Lucas se Miljoen opgeneem het.

Waar kan ek my Lucas – Een uit ‘n miljoen-CD kry?

 

  • Pierre-Jacques Loubser

    Ek is baie baie hartseer oor Lucas.
    Sy musiek en pragtige woorde vorm vir baie jare al deel van my siel.

  • Hyla

    Lucas was n ‘ou reus’ in die musiekwereld en ek weet ook in sy familie…ons gaan julle pa/man/vriend baie mis… sterkte aan julle. Hy was voorwaar n baie spesiale persoon – sal hom nooit vergeet.

  • DOMINIQUE KOTZe

    Ek was baie hartseer en het gehuil Saterdagoggend toe ek die voorblad van Beeld koerant gelees het. Dit voel vir my asof ek ‘n ou vriend aan die dood moes afstaan. Laaste keer wat ek Lucas Maree gesien het was in die Centurion Teater, Pretoria saam met sy 2 pragtige dogters. Monica het op haar eie die mooiste liedjies gesing en saam met haar Pa. Jy kon die spesiale band tussen hulle aanvoel….. Carla was baie verontwaardig want Lucas het van die verhoog af gevra vir ‘n bietjie water en sy moes, met haar rooi gesiggie dit vir hom bring…..en hy het haar aan die gehoor voorgestel "Dis nou my ander dogter, Carla"

    ONS GUN JOU DIE RUS, LUCAS. AAN SY VROU EN DOGTERS – DAAR WAAR HY NOU IS, IS DAAR GEEN PYN……

  • FREDA CLOETEF

    Rus in vrede sonder pyn – n groot verlies – maar God Gee Krag na Kruis – lank sal jou wonderlike musiek in ons harte bly voortleef sterkte aan die gesin en mag HUL DIE VREDE ONTVANG WAT ALLE VERSTAND TE BEHOWE GAAN – jul sal ALTYD IN MY GEBEDE BLY – LIEFDE FREDA – HET 13JR AL DAARDIE PAD GELOOP EN NET N STERKER MENS IN MY GELOOF ANDERKANT UITGEKOM ….SEENINGE XXXF