Ons praat met

Mango Groove se Claire Johnston praat met SARIE.com oor haar herinneringe van Madiba

Claire en haar musiekgroep Mango Groove het ’n simbool geword van ons Reënboognasie – hulle musiek is al as die klankbaan van Nelson Mandela se vrylating uit die tronk en 1994-inhuldiging as president beskyf. Sy gesels met SARIE.com oor haar beste herinneringe van hom en wat hom só spesiaal gemaak het.

Wat is jou gunsteling-optrede nóg?

Dit is seker die 1994-optrede met Madiba se inhuldiging as president. Ons het via satelliet opgetree, maar die dag was baie emosioneel – ’n dag wat ek nooit sal vergeet nie!

Jou beste herinnering van Nelson Mandela?

Ek was gelukkig genoeg om hom op verskeie geleenthede te ontmoet. Wat vir my altyd uitstaan is sy krag en warmte. En dan het hy ’n humorsin soos niemand wat ek al ooit ontmoet het nie!

Claire Johnston Mango Groove

Oor watter kwessies in Suid-Afrika is jy passievol?

Opvoeding, vryheid van spraak en om ons natuurlike hulpbronne te beskerm.

Wat is jou wens vir Suid-Afrika?

Groei – geldelik én emosioneel. En dat ons ’n positiewe idee oor onsself as nasie kry en dít vier.

Claire Johnston Mango Groove

Jou solo-album is volgende jaar op die rakke. Wat kan ons verwag?

Dis ’n versameling van bekende en geliefde Suid-Afrikaanse liedjies – maar met ’n verskil. Ek was gelukkig genoeg dat van Suid-Afrika se beste sangers en musikante saam met my op dié album sing soos Theuns Jordaan, Juanita Kruger, Zolani Mahola van Freshlyground, Romanz, Vusi Mahlasela en Kurt Darren.

Wat was jou inspirasie vir dié album?

Ons wou al die style van Suid-Afrikaanse musiek in een album vier. Dit is ’n viering van ons land se diversiteit en hoe ver ons al saam gestap het.

Claire Johnston Mango GrooveMango Groove tree volgende Sondag, 22 Desember 2013, by die Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad op. Koop jou kaartjie vir dié wonderlike geleentheid op Webtickets.

*’n Digitale tydskrif met klank en video oor Nelson Mandela se lewe is beskikbaar in die iTunes-winkel teen $4,99 (ongeveer R50, na gelang van die wisselkoers). Dié gedenktydskrif is in Afrikaans en Engels beskikbaar en is deur Huisgenoot, YOU en DRUM beskikbaar gestel. Klik HIER om dit te koop.

Huisgenoot Huisgenoot Huisgenoot