marc_lottering_jpg2
Ons praat met

Marc Lottering – die 10 reëls waarvolgens hy leef

  1. As jy genooi word na ‘n aandete, eet voor die tyd ‘n toebroodjie by die huis. Daar is niks ergers as om ‘n feesmaal te verwag en dan op te daag by die een of ander slaai-fees nie.
  2. Moet nooit pasta op ‘n eerste date bestel nie.
  3. Moenie dat die kelner al daardie spesiale disse opnoem as jy voor jou siel weet jy gaan die burger met skyfies en uieringe bestel nie.
  4. Moenie maak asof jy iemand onthou as dit nié die geval is nie. Dit kan jou in ‘n groot verleentheid stel as jy na strooihalms moet gryp en vrae begin vra soos: “Hoe spel mens jou naam” en die persoon antwoord: “T. O. M.”
  5. Moenie SMS’e met die boodskap “bel my asb” stuur tensy jy veertien jaar oud is en buitekant die skoolhek wag en jou ma is laat nie.
  6. As jy by die fliek is, maak jou sjokolade oop vóór die fliek begin.
  7. As jy jou motor in ‘n ondergrondse parkeergarage geparkeer het, maak notas in jou kop oor waar jou motor staan. Om jou motor op te spoor raak ‘n moeilike ding ná twee of drie shooters.
  8. As jou uitrusting nie goed lyk by die huis nie, gaan dit nie skielik verbeter in die motor nie. Trek iets anders aan.
  9. Probeer jou bes om nie kontant by iemand te leen nie, tensy dit absoluut noodsaaklik is.
  10. Moenie oproepe maak of neem as jy ‘n bietjie aangeklam is nie. Dis ‘n slegte move. Jy sal die volgende dag vol skuldgevoelens wees.
  • Christiana

    Marc, kry vir my die date. Ek beloof ek sal nie pasta eet nie! :-D