mg_4322
Ons praat met

Marius Weyers gesels oor Tim Jordaan en die Laan

Noem die naam Tim Jordaan (vertolk deur die veteraan akteur Marius Weyers), en ‘n paar vroue begin snork van woede. Want dis mos die vermetele Tim wat sy dienende  Linda (vertolk deur Elsabé Daneel) met die uitgeslape Gita McGregor (Jo da Silva) verkul het. Marguerite van Wyk het met hom gesels – ook oor wat hý by die jong akteurs geleer het in 7 de Laan…

 Jy kon sekerlik vir die jong klomp baie oor toneelspel leer, maar wat het jý by hulle geleer?
Hoe lekker dit was om jonk te wees, met alles wat nog voorlê, soet én suur. Ook hoe toegewyd hulle is en hoe goed hulle die multikamera werk hanteer.

Lekkerste oomblik op die stel?
Ek en Jo was baie benoud oor ons eerste soentoneel. Dít en die daaropvolgende tonele was toe eintlik baie lekker. En ons vind toe dat ons baie goed saamwerk en ‘n magic kon vind tussen Gita en Tim. En ook die samespel met die ander akteurs was ‘n lekker ontdekking en ondervinding.

Hoekom geniet jy dit om in dié sepie te speel?
Dis baie aangename mense om mee saam te werk. Die omstandighede is professioneel en die werk word met sorg benader.

Wat dink jy is 7 de Laan se invloed op die Suid-Afrikaanse samelewing?
Ek was verstom oor die reaksie van die publiek. Die mate van erns waarmee hulle die karakters bejeën. Die sepie het duidelik enorme vermaaklikheidswaarde, maar ook die vermoë om te ontstel, te leer en die mense te laat práát.

Wat is die grootste uitdaging om in die sepie te speel?
Die voerband van dialoog wat jy daagliks in jou kop moet inprop. Mens voel net: ”Dankie tog ek het deur daai vier of vyf tonele gekom, sonder skande.” – Dan moet jy weer die volgende tekste optel.

Die wysste woorde wat jy by Danie Odendaal, die vervaardiger, gehoor het?
Toe hy vir my aan die begin gesê het: ”Jy het nie ‘nbenul hoe nou die publiek met die stories en die karakters saamleef nie.” En veral toe hy vir my sê: ”Jy kan ‘n langnaweek hê, gaan huis toe.”

  • lenie ackermann

    baie dankie mense. My dag is nie n dag sonder 7de laan nie. naweke is te lank om te wag tot Maandag. Ek wil net vir julle almal se julle is uiters puik.Wonder maar net wanneer word Gita se baba nou eendag gebore want sy loop vir ewig.
    Liefde en groete.
    Lenie Ackermann

  • Sam Oosthuizen

    Waarom moes die simpel Flooze weer teruggebring word? Sy is banaal verby en soms selfs gewoon vieslik. Deesdae is daar menige tonele en episodes wat so platvloers is, dat ek en my vrou liewer afskakel. Jare terug was 7de Laan werklik iets om te geniet, nie meer nie.

  • Amanda

    Ek hou glad nie van Flooze nie. Sy laat al die vrouens common voel en sy dra haar belaglik.Sy drink te veel en hou haar sommer net plein weg "tappet" Ek weet dit is haar karakter, maar dit pas nie by haar nie. Ek geniet glad nie nou die 7de laan op die oomblik nie. Wanneer Flooze verdwyn, sal ek dit weer geniet! Verder is al die ander karakters puik!
    Hou so aan 7de laaners. Maar kyk of julle net so bietjie kan minder "party" en dink bietjie en knap julle christelike lewe as "karakters" ook bietjie op.

  • swarts

    die flooze is my star. mense moet stop om in denial te wees en preuts te wees vir niks. Ag eks so bly julle het haar teruggebring.

  • Sam Oosthuizen

    Swarts, ek glo nie iemand is in ‘denial’ nie. Nee, 7de Laan is veronderstel om ‘n gesins program te wees, maar dit vaal liederlik daarin. Soos Amanda tereg opmerk, hulle party die heeltyd, is elke aand na werk in die klub vir ‘n dop en dit is geensins hoe die lewe is nie. Ek weet dit is nie die werklikheid nie, maar hoe jongmense dit ervaar en ook ons wat nie sulke lewens lei of wil lei nie, is belangrik. Ja, wanneer Flooze verdwyn, sal 7de Laan stukke beter wees.

  • Janeane

    Ag man 7de laan is bakgat want daar is altyd iets anders. Tot die flooze is snaaks, tannies trek daai wortel en ontspan! Dis net n sepie lol

  • http://zmotbhcwmoxw.com/ cdbktch

    TJ8xpb ihcrhebjjebb, [url=http://dmgqtxgolbnb.com/]dmgqtxgolbnb[/url], [link=http://qmgoozcfxadc.com/]qmgoozcfxadc[/link], http://lpseevfxmnyg.com/