FOTO: Neville Lockhart

Ons praat met

Marius Weyers se gunstelinge en foto’s uit sy loopbaan

Hier is al sy gunstelinge:

Kos: 

Evette was jare lank ’n vegetariër en ek het later by haar aangesluit. Ons hou nou soesjiale aande  van ons is mal oos soesji. Een van ons groot rituele is om saam kos te maak. Vegetariese kos kan baie vervelig raak as jy dit nie interessant maak nie. Enigiets wat ons saam kook, is my gunsteling. Ek geniet dit ook om vir myself te kook. Oral waar ek gaan speel, vra ek of daar ’n plek is waar ek vir myself kan sorg.

Drank:

Dit was vir jare wit wyn maar die afgelope 10 jaar geniet ek ’n chardonnay saam met my kos. Kos sonder wyn is, is bloot funksioneel. Kaapse weer, see en mistigheid en rooiwyn.

Fliek: 

Atonement, Children of men, Pan’s Labyrinth

TV:

Al die lekker ou flieks op TV. Ons gaan eersdaags vir ons ’n eie rolprentkamer inrig met ’n lekker wye doek, goeie klank en sagte stoele.

Akteurs:

Joan Allen, Martin Sheen

Beste eienskap:

Dat ek nie dink aan wat my beste eienskap is nie.

Boeke:

Deon Meyer se Spoor , The girl with the Dragon tattoo. Boeke wat jou meevoer en jou kort-kort laat opspring en skree: Nee, nee moet nie dit doen nie!

Marius is The taming of the Shrew In Red Dust
Marius en sy vrou, Evette, in haar ateljee Marius en sy vrou Evette
In 7de Laan saam met sie slinkse Gita In Amerika te sien in Bopha!
Marius en oud SARIE-redakteur Isak de Villiers Marius en Elize Cawood in Taxi tot Soweto


  • Rene van Wyngaarden

    Marius Weyers het in my hart ingekruip baie jare gelede toe hy Die rol van ‘n tandarts se assisstent gespeel het.Hy het ‘n boggelrug gehad, sy ‘smok’ was vol bloed en hy het sy naels met die boor skoongemaak. En jammer genoeg het ek hom nooit in sy grootste rol sien speel nie. Wie kan ooit sy Ampie vergeet? En. . . en. .. en…. Nee, hou maar die Colin Firths en al die ander sogenaamde grotes. Vir my is daar net Weyers!

  • Hannalie Bosman

    Ek het met Marius Weyers groot geword hoofsaaklik maar TV maar as Tim in sy pak klere lyk hy darem alte netjies!

  • Petro Doman

    Ja nee, die man is soos goeie rooiwyn. Word net beter met die ouderdom en hy is ook nogal sag op die oog. Dis nou jammer dat hy uit 7de Laan gaan!

  • Nita Cilliers

    Ons verlies(hopelik net tydelik!) is Evette se wins. Geniet dit Marius en Evette!

  • Ina Botha

    In Kafka se "Letter to the Academy" was hy manjifiek.

  • MARIE-LOUISE SCOTT

    DIT IS JAMMER MAAR SAL OK WEES AS HY VIR GITA OPLAAI EN LANGS DIE PAD IN NERENS AFLAAI…

  • ppohld

    Rv3Usy mxooclwqrqym, [url=http://qhkkgyyqkszh.com/]qhkkgyyqkszh[/url], [link=http://shnrqgxbncdq.com/]shnrqgxbncdq[/link], http://hnnmhygsbjrb.com/

  • louis vuitton geldbörse

    Happen to be go on once each great friend is sure he’s a small superiority across the other.
    louis vuitton geldbörse http://www.louisvuittononlineshop2013.com/