FOTO Misha Jordaan

FOTO Misha Jordaan

Ons praat met

Marius Weyers: “Seer en snaaks naby aan mekaar”

Akteur Marius Weyers se “vonkie”, daardie “iets”, is vroeg reeds raakgesien, met sy heel eerste oudisie. Maar sy vermoë om ernstige en komiese rolle ewe goed te vertolk, kom uit ’n seer diep uit sy kinderjare …

Marius se merkwaardige vermoë om bitter ernstige en komiese rolle ewe goed te speel, lê in sy familiegeskiedenis.

“Ek het baie vroeg baie seergekry. My jongste broertjie was ’n Downsindroom-seuntjie. So, jy’t van kleins af ’n baie sensitiewe lewe in die gesin gehad saam met jou. Kinders het hom geterg; mense het hom in die openbaar aangestaar. Maar hulle is ongelooflik kosbare mense – so oop, so direk, so eerlik. Daar’s iets in die toestand van Downsindroom wat die tragikomiese van die lewe vasvang. Die onskuld en dan die pyn wat hy soms gehad het wanneer besef hy is anders. Daardie generosity of spirit wat hy gehad het – hy’t net liefde gegee. En snaaks, hy was ook snaaks. Ek dink hy’t ’n groot invloed op my persoonlikheid gehad.

“Maar in 1969, toe ek 24 was, is my ma op 63 oorlede aan ’n hartaanval. Dit was ’n ongelooflike skok. ’n Jaar ná haar is my pa oorlede. Hulle was 49 jaar getroud. Hy’t eenvoudig net opgegee. Twee jaar ná my pa is my jongste broertjie toe op 21 dood in ’n motorongeluk. Ek het net Ampie gedoen, my eerste groot rol. Dit was vir my ’n verskriklike seer ding om hom te verloor.

“Deur die oorlewing van sulke tragedies kom ’n mens tot die besef hoe naby aan mekaar die seer en die komieklike is. Dis wat ek later jare so ongelooflik in Tsjechof ontdek het: Moenie bang wees om snaaks te wees nie, al is dit hoe ernstig. Mense is hartverskeurend snaaks.”

 

Die volledige artikel het in die Maart-uitgawe van SARIE verskyn, laai dit hier af.