FOTO: Micky Hoyle

FOTO: Micky Hoyle

Ons praat met

Martelize Brink se gunstelinge

Dorp
Die Paarl waar ek grootgeword het, natuurlik! Dis die mooiste dorp so tussen die wingerde en die berge.

Vakansiewegbreekplek
Die Hermanus-Onrus-area is steeds my gunsteling. Ek het as kind vir jare daar gekamp.

Oefening
Ek geniet dit om met gewigte (wat ek vashou) te boks. Jy kry jou kardio- en spierversterking; alles in een.

Tydverdryf
Kosmaak natuurlik! Kuier saam met vriende. 

Eienskap in ander
Regverdigheid, ek dink dit vervat amper alles waarna jy in ‘n ander mens soek. 

Musiek
Van Morrison, Bob Dylan, Stef Kruger, John Mayer … die lys is regtig oneindig. Ek is mal oor blues.

Boeke
Cry, the Beloved Country deur Alan Paton en 13 Uur van Deon Meyer. Laasgenoemde het my laaaaat wakker gehou.

Flieks
Silence of the Lambs van alle dinge, The Notebook, Shawshank Redemption en Groundhog Day.  Ek was as kind mal oor The Gods must be crazy!

Inspireerder
Nicky Abdinor wat dieselfde tyd as ek op Stellenbosch gestudeer het.  Sy is ‘n sielkundige en ook die stigter van Nicky’s Drive. Nicky is ‘n wonderlike mens. Sy het geen arms nie staar ook verdere fisieke uitdagings in die gesig, maar sy is die positiefste mens vir wie ek al ooit ontmoet het. Daar is so baie ander wat inspireer, maar Nicky is ‘n gewone persoon wat uithou en aanhou – ten spyte van die probleme in haar lewe. 

Kos
Ai, vir wie probeer ek ‘n stokkie voor die oë steek? Brood, brood, brood! Verder is daar niks wat so lekker is soos ‘n vars kreef, oesters en gerookte snoek nie.

SA radio-omroeper
My mede-aanbieder, Johan Rademan. Altyd ‘n fees!

Wyn
Hamilton-Russell Pinot Noir. Ek het nog net een keer die voorreg gehad om dié wyn te drink. Ek het by ‘n Round Table-funksie gaan gesels en het ‘n paar 100 rand gebie op die bottel (hoewel dit oorspronklik reeds ‘n paar honderd rand kos). Twee boere het teen mekaar begin bie vir die bottel en die prys tot R3000 opgejaag. Die wenner van die bie het die bottel waaragtig ná die geleentheid vir my gegee. Dit was ‘n groot eer!

  • Natasha

    @Martelize Brink: Jy’s ‘n pragtige mens met die mees sprankelende persoonlikheid. Ek kan maklik heel dag na jou vrolike stem luister oor die radio.

  • Karin

    Pragtige mensemens en so mooi gestileer hier deur my vriendin Danny Toua

  • Marie le Grange

    Martelize jy is werklik pragtig, geliefd onder baie mense.
    Marie

  • E Bosua

    Warmte en deernis vir almal, altyd bedagsaam en mooi, baie dankie ons geniet jou

  • M JONKER

    So pragtig en stylvol!!! Sonder dat jy dit weet inspireer jy baie mense!!!Baie dankie !!!