Ons praat met

Martina Navratilova oor haar stryd teen borskanker en hoe sy nou lewe

En sy erken dat sy nog steeds op soek is na ‘n verhouding wat lewenslank sal hou, berig Hellomagazine.com

“Miskien is dit nie bestem om so te wees nie. Ons sal maar moet sien. Ek’t altyd gedink ek sal vir die res van my lewe by een persoon, een vrou wees, maar dit het nou nie so gebeur nie. Sommige mense raak verlief op die regte een op 25, ander op 55 en vir sommige gebeur dit nooit nie.”

In 2008 is haar verhouding van 8 jaar met Toni Layton verbreek. Dit was nie ‘n mooi prentjie nie, met ‘n hofsaak en $3 miljoen betrokke.

Dis vir Navratilova te laat om self kinders te hê, maar sy erken dat aanneming ‘n opsie is.

“Ek het twee niggies, Martina (13) en Jana (6), en hulle voel soos my eie. Dit voel nie asof daar iets in my lewe skort op die oomblik nie. Maar as ‘n 10-jarige by my deur moet opdaag, sal ek na hom/haar kan kyk.”

2010 het beslis sy uitdagings gehad, erken Navratilova.

“Ek’t my arm in Januarie gebreek. ‘n Yshokkie-ongeluk. Toe val my tand uit terwyl ek op ‘n vlug na Europa was, met my arm nog in gips.”

“Toe kry ek kanker in Februarie. My gedagtes was, miskien moet ek eerder net by die huis bly en niks doen nie. Maar die arm het gesond geword, die tand is terug en ek is kankervry! Dit was ‘n moeilike jaar, om die minste te sê.

Martina het nie toegelaat dat die kanker haar Wimbledon-werkskedule omvergooi nie, maar die newe-effekte van die behandeling het aan haar gevat.

“Ek kon een oggend nie ‘n paar jeans kry nie, en daar begin ek sommer huil. Ek’t gewonder wat met my fout is. Ek wou net nie uit die bed uit opstaan nie.”

“Toe het ek skielik empatie met mense met depressie, want ek weet hoe hulle voel. Ek dink dis erger vir hulle, want ek kon ten minste uit die bed uit opstaan. Ek speel tennis en moes werk, maar ek was beslis nie myself nie. Ek was emosioneel plat, ek kon net nie omgee nie,” sê Martina.

Nou pak Martina haar toekoms op dieselfde manier aan as hoe sy haar kanker beveg het.

“Ek neem aan ek het 30 jaar of meer oor op die planeet, en ek’s steeds gelukkig met wie ek is, en waarheen ek op pad is… Ek was nog altyd dankbaar, maar nou is ek selfs meer dankbaar.”

Bron: Hellomagazine.com

  • Annatjie Broeckx

    Eks amber ‘n jaar klaar met chemo en 8 maande met bestraling, ja dis soos jy se ek het ook nou baie meer empatie met mense wat aan depressie ly. Daars dae wat ‘n mens net mooi niks wou doen. Sukkel vandag nog soms om alles te verwerk en vir energie. Eks ook baie dankbaar om ook skoon te wees, gaan nog elke 3 maande vir ondersoeke ens. Baie sterkte vir jou xxx

  • eRoaQU cbhexzanlmiq, [url=http://qivbzydfbyqe.com/]qivbzydfbyqe[/url], [link=http://smwpdohllbpi.com/]smwpdohllbpi[/link], http://nclkxemwromu.com/