Ons praat met

MasterChef Australië wenner, Adam Liaw, gesels met SARIE

Het jy geweet hoe gewild jy is in Suid-Afrika?
Snaaks genoeg, ja, ek het geweet. Een woord: Twitter.

Wat is die volgende groot trend in kos?
Ek weet nie veel van trends nie. Gesonde kos is volgens my die toekoms, soos vars groente uit ’n groentetuin. Regte kos. Nie verwerkte kos nie.

Het jy ’n groentetuin by jou huis?
In Japan het ek nie een gehad nie. Hoëdigtheidsleefstyl, jy weet. Maar nou in Melbourne het ek ’n stukkie grond. Daar is nou net kruie, maar ek beplan ’n groentetuin.

Het jou tyd in Japan en jou meer eksotiese aanslag gehelp dat jy wen?
Nee. Ek dink nie so nie. Almal het ’n eksotiese koskultuur. Soos julle hier in Suid-Afrika ook.

Wat was vir jou die lekkerste van al die kos wat jy hier geeet het?
Boerewors en bobotie. Maar ek dink tog die bobotie was die lekkerste.

Wat kook jy die graagste?
Hainanese hoenderrys. Dis ’n Chinese hoender-en-rysgereg.

Die een stuk kombuisgereedskap wat jy moet hê?
’n Skerp mes. My Opinel-mes, ’n knipmes met ’n houthef en ’n lem van vlekvrye staal, het my al baie gered. By een geleentheid het ek besef daar is niks waarmee ek kan werk nie, toe was my mes gelukkig in my sak.

Wat het jy gemaak?
Gebraaide oesters met gerasperde suurlemoenskil en ’n vars groenslaai.

  • Maatje van Antwerpen

    Ek hou van die gesonde leefstyl wat Adam se motto is!
    Ek het die Masterchef kompetisie baie geniet, dit was so spannend aan die einde, en ek is bly Adam het gewen, hy was beslis die beste kandidaat. Adam was heeltyd in beheer, cool gebly te midde van die druk.
    In Suid Afrika kan ons almal gesonder eet, want ons het te kies en keur van alles wat goed is!