sr1211trend_voller_fig
Ons praat met

Masterchef SA se Ilse Fourie: “Ek geniet my kurwes”

“J.Lo en Kim Kardashian is al jare lank my gunsteling-sterre, want hulle is sexy en vroulik. Toe ek baie jonk was [as onderklere-model], het ek alles probeer om gespierd te wees, maar niks het gewerk nie. Ek sal nooit atleties lyk nie. Ek is gerond, maar oefen baie.” Só vertel Ilse Fourie, plusgroot model en Masterchef SA-deelnemer.

“Tot twee jaar gelede het ek aan halfmarathonne deelgeneem, maar ek moes ophou nadat ek my knie beseer het. Nou doen ek daagliks ’n halfuur 
lank kardiovaskulêre oefening, een keer per week weerstandsoefeninge en
 af en toe joga. Ek glo oefening hou jou jonk en soepel.

“Toe ek jonger was, het ek báie diëte gevolg. Sowat ses jaar gelede het 
ek besluit dis genoeg. Ek geniet nou my kurwes. Ek is mal oor kook. Nooit het ek kon droom dat ek tot die laaste sewe deelnemers sou deurdring in 
die MasterChef-kookprogram op M-Net nie. Nou droom ek van my eie 
TV-kosprogram.

“Ek is lief vir myself en dankbaar oor dié tendens. Ons moet onsself koester en beskou soos die Here ons sien – kurwes en al, volmaak geskape.

  • Leana

    Ek sien NUL kurwes op daai foto…!

  • Carin

    As sy ‘n plus-groot model is eet ek my skoene op. Dit lyk regtig nie so as ek na die foto hierbo kyk nie.

  • Leatitia van Niekerk

    Ek sien ook GEEN kurwes nie, as my kurwes so gelyk het sal ek ook soos sy voel. Sy moet hier na my kom kyk, dat sy kan sien hoe lyk kurwes. Dalk moet sy ons eerder sê hoe versteek sy dan haar kurwes dat dit soos geen kurwes lyk nie.

  • Liezl

    Ja nee ek wonder ook waar die "plus grootte" vandaan kom?

  • Dalena

    Soos wat Ilse op Masterchef gelyk en aangetrek het was sy vir my een van die mooiste vroue wat ek nog teëgekom het. Sy het miskien nie so baie kurwes soos baie van ons nie maar sy het beslis baie meer as die deursnit-maergat-stroefgesig loopplank model…