sr1002mathys_4_
Ons praat met

Mathys Roets se gunsteling-liedjies vir vroue

Dis een van Mathys Roets se gunsteling-liedjies, “Oh Mary”, waarin Neil Diamond oor sy hunkering na die vrou van sy drome sing. Hy loop met sy hart op sy mou en sy siel ontbloot:

Oh Mary
You can doubt the world,
But don’t ever doubt in me
I sang it once that I’d never leave you
And that’s how it’s gonna be.

Deesdae sing Mathys ook dié liedjie vir die vrou van sý drome, Margueriet Jones.

In die nuutste SARIE (Feb 2010) ontmoet ons sy droomvroue: Margueriet, sy ma Meisie, sy suster Marié Greyling, en sy vriendin Alexa Strachan. Hy verklap ook sy nuwe projek saam met SARIE.

SY GUNSTELING-LIEDJIES

“Suzanne” – Leonard Cohen

Suzanne takes you down to her place near the river
You can hear the boats go by
You can spend the night beside her

“Dit is die eerste lied van Cohen wat ek gehoor het en dis mooi om te sing. Die storie wat hy vertel, is ongelooflik. Dis soos dit gebeur het.”

“Lisa se klavier” – Koos Kombuis

Ek het ’n vriendin ver by die blou see
Teen die hang van Tafelberg, as die son sak, speel sy die mooiste melodieë
Haar vingers ken die pad opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange, verstaan die hart se diepste smart

“Dis een van my gunstelinge omdat mense so baie daarvoor vra tydens my optredes. Ek is mal oor die eerlikheid van die liedjie en die feit dat
Lisa regtig bestaan het. Ek kan agterkom Lisa het ’n groot rol in Koos se lewe gespeel.”

“Man se liedjie” – Piet van Wyk de Vries

So ek verstaan
As jy wil gaan
Ek is ’n man hart in my hande
’n Man verloor
’n man begeer
Want als wat ek aan raak, verander

“Hierdie liedjie gaan nie spesifiek oor ’n vrou nie, maar dit weerspieël die erns van man-wees en hoe moeilik dit soms is.”

 

Sy’s net so vrek oulik, jy kan nie help om van haar te hou nie. – Mathys oor sy meisie, Margueriet

 

  • betti

    Sou ek aan ‘n raamwerk dink om seuntjies groot te maak met intelek, sensitiwiteit, deurnis, liefdevolheid, sterk manwees op ‘n ondersteunende wyse dan kom Matthys se naam op. Mamma Meisie jy het een juweel groot gemaak en ek dank die Heer elke dag dat op die aarde mense soos Matthys is want wanneer duwweltjies in my pad kom en ek hoor of lees iets van Matthys gaan al die sorge net eenvoudig weg. Matthys alle seën met enigiets wat jy aanpak! (hoop een konsert in België sou in die pyplyn wees)

  • http://xbyphypwqefe.com/ blaygbw

    4pHSG7 nguvkykcdfec, [url=http://bvypqfswgjkm.com/]bvypqfswgjkm[/url], [link=http://qcijvlxeweiy.com/]qcijvlxeweiy[/link], http://euhsseserxpg.com/