Ons praat met

Mathys Roets staan op by sy konsert – Foto’s en video

Hy het oudergewoonte opgery op die verhoog en letterlik die gehoor verstom toe hy “opgestaan” het met behulp van sy nuwe rolstoel. Aanvanklik het die gehoor na hul asems gesnak en toe spontaan begin handeklap. Mathys self was baie ontspanne en het vertel dat dit hoog tyd is vir hom om weer mense vanuit dié hoogte in die oë te kyk. Pianis Mathys Maree vertel dis fantasties dat hulle mede-musikant nou weer langer as hulle almal op die verhoog is.

Alexa Strachan was ook in die gehoor. sy het gehelp het om ‘n fonds te stig waardeur Mathys sy nuwe rolstoel kon kry. Baie van die hospitaal-personeel wat hom ná sy ongeluk versorg het, het ook die vertoning by gewoon.

Meisie Roets, Mathys se ma, het na die tyd vertel dat sy tydens die konsert nogal gespanne was. Elke nuwe stap in Mathys se lewe is vir haar senutergend, maar haar seun benader alles met soveel spontaniteit en positiwiteit.
Die ou Mathys is terug, daar is net iets aan hom wanneer hy staan. Hy’t ‘n ander tipe selfvertroue as dié waarmee hy gesit en sing het”, sê sy.

Mathys self vertel dat hy eintlik baie makliker gesing het gisteraand en ook dat hy glad nie moeg gevoel het na die 45 minute se staan nie. Hy is na afloop van die konsert met staande applous terug geroep om nog te kom sing.

Hy tree vanaand weer in die Centurion Teater op en kaartjies is beskikbaar by 012 664 7859.

  • Ria Lourens

    Wonderlik om iemand met sulke deursettingsvermoë te sien – dit is al hoe ‘n mens bo uitkom. Ek glo dit het met baie pyn en somtyds moed opgee gepaard gegaan, maar waar ‘n wil is is daar ‘n weg. Ons is trots op jou Matthys, hou so aan. Groetnis uit KwaZuluNatal.

  • Alta

    Skitterend!! Ek het Mathys by die Dynamic Driving course ontmoet en ek moet se die man is letterlik gedrewe. Voorwaar ‘n inspirasie vir al on wheelies.

  • Marie Meyer

    Mathys, jy is ‘n inspirasie vir ALMAL, maak nie saak wat jou gebrek is nie, jy KAN weer opstaan en voortgaan! Lank Lewe Mathys!!!

  • Dale Niehaus

    Mathys!!!!! We salute you!!!!!!

  • Etrecia Schoonees

    Mathys jys wonderlik………kyk net wat geloof en deursettingsvermoe doen!!!
    Jys is ‘n inspirasie vir baie van ons.

  • Wonderlik. Nou kan ons weer die ou Mathys sien wat so ongelooflik mooi kan sing!!!!!

  • MATHYS!!!!!!!!!!! Jou ou smile is weer terug! Moed hou en aanhou!!!! Kreatiwiteit hou mens positief! SING!!!!!

  • zumlfxu

    eEHA3Z xyopvmgjpxua, [url=http://wmnhthlumiyp.com/]wmnhthlumiyp[/url], [link=http://hrmylnofgvsu.com/]hrmylnofgvsu[/link], http://ktlayoifynjf.com/