sr0904mathys_11_
Ons praat met

Grotman help Mathys

Hannes Muller sê in ‘n verklaring hy en die verlamde sanger is goeie vriende en het al baie saam gholf gespeel.

“Ek en Frans Swart, vervaardiger van Grotman, het vinnig koppe bymekaar gesit en dadelik besluit dat ons graag ‘n konsert vir Mathys wil reël om te help met sy groot mediese uitgawes. Dis werklik die minste wat ons as kunstenaars vir mekaar kan doen en ons vra al die mense om hierdie spesiale konsert van Grotman te kom ondersteun.”

Frans Swart, promotor en ook besturende direkteur van Lefra Produksies, sê dit was vir hom ‘n baie groot skok toe Oos-Rand Stereo hom by die KKNK geskakel het om die nuus van Mathys se ongeluk te vertel.

“Ek en Mathys loop werklik so ‘n lang pad. Ek dink aan ‘n eerste konsert wat ons van hom as jong kunstenaar by die Grahamstadse Kunstefees gaan bywoon het. Hy was in ‘n horrible klein venuetjie en die show het eers ná elf die aand begin. Dit was sy Leonard Cohen-show. Daardie gehoor het hom so vasgehou en ondersteun en wou hom glad nie laat gaan nie. In tipiese Mathys-styl het hy ná die soveelste encore gesê al sy Leonard Cohen-liedjies is nou klaar, maar hy ken Koos du Plessis-liedjies. En toe doen hy vir ons sy hele Koos du Plessis-show. Ons het konsert saam met Mathys gehou tot die son opgekom het en daar het ek hom sommer vir sy eerste teater-show by die Springs Stadsteater bespreek. Ons het daarna wonderlike konserte saam gedoen en ons was ook bevoorreg dat Mathys by ons troue opgetree het,” sê Swart.

“Mathys is ‘n vasbyter. As ek sien hoe hy vasgebyt het om uiteindelik as professionele sanger te slaag, glo ek dat hy ook gaan vasbyt om volkome te herstel – al is dit as parapleeg. Ons gebede en gedagtes gaan uit na Mathys en sy familie en ons wens hulle almal baie sterkte toe.”

Besprekings kan gedoen word by Computicket, 083 915 8000 of www.computicket.com. Groepe van meer as 10, skakel Cecile Kleyn by 011)815 3000 of besoek www.grotman.com of www.lefra.co.za.

Mense wat geld wil inbetaal in die Mathys Roets Trust kan dit doen in die volgende bankrekening:

Beukes – Sikhala Prokureurstrustrekening
Nedbank
Rekeningnommer 1468 137 824
Takkode 146805

BAIE BELANGRIK:
Die verwysing “MATHYS ROETS” moet op alle deposito-strokies of elektroniese oorbetaling aangedui word

Dokters het gister bevestig dat die Suid-Afrikaanse sanger Mathys Roets verlam is ná sy motorfietsongeluk ‘n week gelede, berig Die Burger. Hy het 2 rugwerwels gebreek

Die hele land dink steeds aan Mathys Roets en sy familie nadat ‘n neurochirurg, dr. Daniël Hugo, gister ná verskeie toetse bevestig het dat hy verlam is. Boodskappe van bemoediging het gister ingestroom, veral op Facebook.

Lucas Maree het op Facebook geskryf: “Om parapleeg te wees beteken dat die verlamming in die onderlyf is. Die goeie nuus is dat hy nie die gebruik van sy arms, skouers, nek en bolyf verloor het nie. Hy mag dalk nie dadelik lus voel daarvoor nie, maar hy sál kitaar kan speel en hy sál kan sing.” (Bron: Die Burger)

Mathys is ook ‘n ywerige natuurfotograaf. Voor sy ongeluk het hy vir SARIE ‘n paar foto’s gestuur: “Ek kan nou weer tyd spandeer aan my groot liefde – natuurfotografie. Dis mos maar ‘n alleen-stokperdjie. Toe ek getroud was, het ek verkies om ander goed saam met my gesin te doen.”

  • Alett van Zyl

    Dis wonderlik om te weet dat hy nog steeds sy lewe sal kan geniet met sy sang, kitaarspeel en sy fotografie. God weet altyd wat die beste vir ons is en daarom moet ons nooit vrae vra nie. Ons is mos klei in die hande van die Pottebakker.

  • Petro

    Matthys, jy is amazing! Jy dwing soveel respek en liefde af met dit wat jy doen en hoe jy optree! Jou foto’s wys jou liefde vir die natuur baie duidellik en ek glo met my hele hart dat daar iets goeds sal kom uit hierdie ondervinding wat jy nou opdoen – moenie gaan le nie, ou maat!

  • Christel Boltman

    Ons is jammer vir die nare ongeluk en die trauma wat Mathys moet beleef en verwerk, maar gelukkig is sy kitaar en sy pragtige stem nog daar, dit mag hom baie help.

  • http://www.sarie.com Anriëtte Leipoldt

    Beste Matthys

    Ek en my ouers dink aan jou. Jy moet net in die Here glo en Hy sal vir jou krag gee vir die pad vorentoe.

    Anriëtte Leipoldt en ouers.

    Ceres in die Boland. (Wes-Kaap)

  • Michelle de Jager

    Matthys, die Here werk in wonderike maniere jy het net die gebruik van jou bene verloor ons Hemelse Vader het jou stem, arms en hande gesond gelaat sodat jy ons nog kan bekoor met jou engel stem en stunning fotos kan neem. Ek weet dit gaan baie moeilik wees om oor die weg te kom en op ander te steun vir sekere funksies, maar mettertyd sal dit makliker word. Sterkte met jou herstel voorentoe en bly net glo. Die Here gee ons nooit ‘n probleem te groot om te hanteer nie Hy weet jy is ‘n strek mens.

  • ANNIE PRINSLOO

    ONS DINK ALTYD DIE KRUIS WAT ONS SAAMDRA IS DIE ERGSTE,MAAR DAAR IS SOVEEL ANDER MET ERGER GEBREKE,WAT N REUSE SUKSES VAN HUL LEWENS MAAK.STERKTE VORENTOE,DIS MOEILIK OM SKIELIK GESTREM TE WEES MAAR MENS LEER OM DIT TE AANVAAR.STERKTE

  • Elize Theron Worcester

    Dit is met ‘n skok dat ek die nuus ontvang het van Matthys se verlamming, ons Sarie lesers dra hom almal in ons gebede op aan hom en hoop dat hy weer eendag sal kan aangaan met sy sang, hy is so ‘n aangename en talentvolle man. Ons dink en bid vir jou Matthys. Die Here sal jou hierdeur dra, bly net positief en hou vas aan sy woord en sy belofte dat hy jou liefhet.

  • Linda Taljaard

    Dit is erg om tot die besef te kom hoe vinnig n mens se hele lewe binne n oogwink kan verander. Dit kan met enige een van ons gebeur, daarom met mens waardeer wat jy het. Matthys jy was en is nog altyd my gunsteling sanger, en weet net dat jy elke dag in my gedagtes en gebede is.

  • Helen Rust

    Mathys, wanneer jy stil raak en jy in God se teenwoordigheid is, weet dat jy meer dan ‘n oorwinnaar is in Jesus.Glo dat die krag van Sy Heilige Gees jou in wonderbaarlike maniere gaan dra.Hou jou oë op Hom en weet Hy sal in Sy tyd vir jou voorsien in al jou behoeftes en begeertes. In Hom alleen gaan jy die vrug van die gees beleef, vrede, vreugde, geduld, selfbeheersing en Liefde!

  • Ronell Myburgh

    Bravo vir Hannes se opoffering! Ek sal verseker my kaartjies gaan koop. Chris Chameleon het gisteraand een van sy mooiste skeppings aan Mathys opgedra ten tyde van sy "Klassieke Chameleon" optrede by Carnival City. Dit was ongelooflik om die samesyn vir daardie oomblikke te deel.Chris het sy konsert afgesluit met die Onse Vader – dis die gebed wat ons met jou deel Mathys!

  • Ina Krugel

    As iemand moeite doen om stil te word sodat hy die natuur op film kan vaslê en jou foto’s wys jou liefde vir die natuur baie duidelik. Dan glo ek het jy ook ‘n goeie verhouding met jou Skepper. Met my hele hart weet ek dit JY sal dit MAAK want jou Ankers is INPLEK Sterkte my vriend!!!!!

  • http://dtgaissggnko.com/ acqyygn

    3IYl6q kuflwsdewedb, [url=http://xhxnvdrmweaj.com/]xhxnvdrmweaj[/url], [link=http://lkenecegnnlm.com/]lkenecegnnlm[/link], http://dmcujzesbeil.com/

  • http://buzndzfuyykn.com/ higfpgzacdi

    h5VjA0 qoynnmvkkgzk, [url=http://vwbphfncjikj.com/]vwbphfncjikj[/url], [link=http://ubukyghrojfi.com/]ubukyghrojfi[/link], http://hoihxtupjetu.com/