Ons praat met

Mej. SA, Marilyn Ramos, gesels

Wat is die een vraag wat die media nooit vir ’n Mej. SA vra nie?
Hoe moeg ons voete raak van hoëhakskoene dra!

Het jy, soos in die flieks, kaste vol klere en ’n span mense vir hare en grimering wat spring as jy jou vingers klap?
[Lag.] Nie elke dag nie! By Sun International is ’n span wat my dagboek hanteer en my bystaan met al die groot geleenthede. Anel Botha van Klerksdorp ontwerp my rokke daarvoor en Iman borg my grimering. Ek het werksessies met my haarstiliste en grimeerkunstenaars, en hulle wys my al die tricks! In The Road to Miss SA [’n TV-program wat die kompetisie voorafgegaan het] is ons báie goed voorberei op wat die jaar behels en wat van ons verwag word.

Klerksdorp is die geboorteplek van emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Die Klerksdorpers staan ook bankvas agter jou. Is jy trots op waar jy vandaan kom?
Ek het soms gewens ek het in ’n glitzy stad soos Johannesburg gebly, maar nou’s ek so dankbaar vir ’n wonderlike gemeenskap en mense op my tuisdorp wat omgee. Dis waar my morele waardes en grondslag vasgelê is. Ek kan nêrens gaan sonder dat mense my herken nie. Ons is soos ’n groot familie. Toe ek Pretoria toe trek vir my studies in binnenshuise argitektuur, was dit moeilik. Ek was alleen en het my mense gemis.

Lees die volledige onderhoud in die Maart 2013-uitgawe van SARIE.