sr0904melanie03
Ons praat met

Melanie du Bois se hoop, vrees en lewenslesse

EK HOOP
vir ’n seuntjie. Maar ’n dogtertjie is ook perfek . . . as ons net so gelukkig is om ’n gesonde kind te kry. Ons is mal oor die buitelewe, ek sien nou al hoe lekker gaan kamp ek en Regi met daai twee!

ek inspireer ander vroue wat sukkel om swanger te raak. Ek het soveel oproepe gekry van vroue wat raad soek nadat Roxy gebore is. Ek sal in vitro beslis aanbeveel, al is dit emosioneel uitmergelend. Die onsekerheid was vir my geweldig stresvol. Dis nie maklik nie, en dis nie gewaarborg nie, maar moenie hoop opgee nie!

ek sal hierdie keer beter vir my man sorg! ’n Mens vergeet net omdat hy nie self daardeur gaan nie, beteken dit nie dis nie vir hom ook moeilik nie. Die spanning het druk op ons verhouding gesit. Regi was fantasties, altyd daar vir my, maar ek weet hy was ook bang en het soms soos ’n hulpelose buitestander gevoel. Soms het ek tien emosies in een minuut beleef, en hy moes meestal daaronder ly.

om eendag vir Roxy te leer: Glo in jouself, jy het die krag om te doen wát jy ook al wil.

EK IS BANG

die prosedure misluk. Dis my grootste vrees op die oomblik. Ons bid maar om hierdeur te kom. Ek kry nou hormonale inspuitings. Ná twee weke, as my eierstokke voldoende gegroei het, word die eiersakkies geoes. ’n Paar eiers word bevrug met Regi se sperm. As dit goed groei, word dit teruggeplaas in my baarmoeder. Die vorige keer was die eerste groeislag ’n mislukking. Ek was heeltemal platgeslaan. Ons was eers met die tweede probeerslag suksesvol.

vir die inspuitings. Ja, ek is ’n regte ou scaredy cat, ek’s bang vir pyn. Maar Jo (da Silva) en Vuyelwa (Booi) help my – ek knyp net my oë toe. In die eerste week kry ek elke dag een inspuiting, en die tweede week twee per dag – in die maag.

Voor Roxy gebore is, het ek gewonder: Is ek regtig reg hiervoor? Selfs daarna was ek angstig: Wat het ek aangevang? Ek was onseker. Sy het koliek gehad en ek het nie dadelik met haar ’n band gevorm nie. Niemand het my vertel dis eintlik normaal om so te voel nie, en dat dit nie hierdie lieflike wit lig is wat jou kind omring nie!

WAT EK GELEER HET

Ná twee buisswangerskappe (albei my fallopiese buise is verwyder) was ek ’n emosionele wrak, ek het gedink ek sal nooit swanger raak nie. Ek het gevoel ek is nie ’n vrou as ek dit nie kan regkry nie. Vandag besef ek dis laf, maar dán glo jy dit.

Die twee babas wat ek verloor het, is vir my baie werklik. Die verlies sal altyd daar wees. Ek moes myself meer tyd gegun het om te rou, maar ek was desperaat vir ’n kind – ek het binne twee maande met in vitro begin.

Sonder my man en familie sou ek nooit daardeur kon kom nie. Regi het my ondersteun, my ruimte en begrip gegee. In die eerste drie maande van my swangerskap was ek heeltyd naar, bleek en anti-man. Hy mag nie naby my gekom het nie! En arme Vince (vertolk deur Jacques Blignaut) wat so ’n lieflike ou is . . . ek kon dit nie verduur as hy my soen vir ’n toneel nie. Dis die hormone!

Ek is gebore om ’n ma te wees. Roxy is wonderlik. Dis ’n oorweldigende drang by my om nog ’n kind te hê – ek voel al ’n jaar lank so. Maar Regi wou nie hê ek moes

weer daardeur gaan nie. Mettertyd het hy besef ek is werklik gereed, ek wíl dit hê. Roxy ook, sy kan nie wag nie. Sy vra altyd: “Mamma, is daar ’n baba in jou maag?” Ons het dit nog nie deurgesels nie, maar ons sal ook aanneming oorweeg om ons gesin te voltooi.

Ons besef die prosedure kan dalk misluk, maar ons is positief. Ek is hierdie keer anders ingestel: My liggaam is gesonder, ek is nie pas deur twee operasies nie, ek is baie minder desperaat en onkundig. Wat gebeur, sal gebeur.

Ek het gedink ek is iemand wat gou tou opgooi. Ek het nie baie geloof in myself gehad nie. Nou weet ek dat ek tóg my ma, Cathy, se innerlike krag geërf het. Ek het deurgedruk. Ma-wees het my verander. Ek is baie wyser – ek het grootgeword.

  • INA LABUSCHAGNE

    Hi
    Ek wil meer weet oor die vitro bevrugting indien iemand my kan help sal ek dit baie wardeer.

  • INA LABUSCHAGNE

    Iemand help my ek sukkel om swanger te raak,asb help gee my meer inligting oor die wonderlike vitro bevrugting.

    Dankie

  • Jo-Anne Ritter

    Melanie, ek hou duim vas vir julle. Ons is ook daar deur, maar drie inplantings het nie gewerk nie. Vandag het ons die twee pragtigste kindertjies, seuntjie vyf en dogtertjie 20 maande. Aanneming, was ons uitweg en ons verruil ons twee engeltjies vir niks in die wereld nie. Ja, almal wil altyd weet wat dan van ‘n baba, of wat is dan fout met julle? Ons Vader weet beter en Hy het hulle vir ons uitgesoek. Sterkte aan julle, ons wag op goeie nuus!!

  • Laetitia

    Hi,

    ek is self deur ‘n invitro bevrugting, maar my liggaam het die embrio verwerp. Alhoewel die uitslag negatief was, was dit vir my een helse belewenis. Net om te dink dat daar so baie moontlikhede is oor hoe mens gehelp kan word.

    Aangesien hierdie so ‘n duur prosedure is, wil ek graag verneem of daar dalk instansies is wat kan help my die befondsing van hierdie tipe behandeling.

  • AG

    INA LABUSCHAGNE:
    Kloof hospitaal in pretoria het n uitstekende "fertility" afdeling.
    Skakel hulle gerus. Ons is tans daar en die doktors daar is ongelooflik.

    Hoop dit help!

  • Ann-Mari Prins

    Goeiedag ek het die Mei uitgawe gemis van Melanie hou dagboek oor haar in vitro-bevrugting. is daar ‘n manier waarop ek dalk die artikel kan kry asb. Ek het probeer soek op die http://www.sarie.com webadres, maar kry dit nie. Baie dankie

  • http://www.sarie.com Suzette Truter

    Hallo Ann-Mari

    Melanie se Mei-dagboek sal teen volgende week op http://www.sarie.com te lees wees.

  • Corne Victor

    Hallo Almal
    Mamma was ‘n woordjie wat ek so bitter graag wou hoor – maar amper was dit my nie beskore nie!. Na 4 en ‘n halwe jaar se hartseer en trane en 6 in-vitro-bevrugtings later is ek die trotse ma van ‘n tweeling seuntjie en dogtertjie-nou 15 maande. Ons is so dankbaar teenoor God en daarom het ons ‘n trust gestig vir mense wat nie die fondse het vir die behandeling nie. Indien enige een hulp of raad nodig het of self daardeur is en graag betrokke wil raak kan julle my skakel by 0824984483….Vir Josua het God die son vir ‘n dag laat stilstaan, vir Hiskia die sonwyser 10 trappe teruggeskuif, vir Moses ‘n pad deur die see gemaak en vir ons het Hy ‘n tweeling gegee! Dankie Here vir die kosbaarste geskenk! Een ding kan ek net se -MOENIE MOED OPGEE NIE!!Melanie kan jy my asb kontak – ek dink ons deel dieselfde passie.

  • margareth thomas

    Kan iemand asb vir my laat weet of hier ‘n hospitaal in die paarl is wat in-vitro bevrugting doen.

  • elize

    Ek wil weet of daar asb iemand is wat my kan help ek is op soek na al die artikels van die begin af selfs voor haar eerste kind, ek wil graag weet wat was fout hoekom sy nie kon swanger raak nie, ek het verskeie probleme so wil dit vergelyk en hoor van ander mense se raad hoop iemand kan my help dankie elize

  • Liezl Grove

    Ek en Stephan is 6 Jaar getroud en probeer al vir 5 jaar swanger raak. Ek het ‘n miskraam gehad ek was so hartseer. Dis snaaks hoe mens vir iets kan lief word wat jy nog nie eers ken nie. Ek het van Dr van Rensburg gehoor en is ook na hom toe. Wonderlike Mens… Sy sagte hart laat jou voel of jy net jy sy enigste pastiënt is.. Ons het 5 eiertjies geoes en toe 2 terug geplant.. Dit het nie gewerk nie. Ek moes al weer terug gegaan het en elke maand sê ek hierdie maand. Maar ek kry myself nie so vêr nie. Ek het my man Belove ons kan nou weer gaan. Ek is net so bang dit werk nie. Ek weet nie of ek dit sal kan hanteer nie. "Liewe Jesus help my tog weet hier deur."

  • Wardi

    Hi almal

    Ons (ek en my vrou) stap self die pad van infertiliteit. Ons het n ondersteunings groep in ons gemeenskap begin om mense deur hulle moeilikke tyd te help. Ons kom eenkeer n kwartaal bymekaar en reel dan sprekers om onderwerpe wat mense aanvra te bespreek. Dan is die res van die bediening wat ons het genasseer op een tot een interaksie omdat ons gevind het dat mense nie altyd gemaklik is om in n groep te praat nie. Vir meer inligting kan julle ons gerus epos by infertiliteit@pvr.co.za. Ons sal graag saammet julle op reis gaan om sin te maak van alles wat in julle en ook in ons lewe gebeur.

  • Gerna van de Venter

    Melanie,my eerste swangerskap het ek ook verloor deur ‘n buisswangerskap en die buis wat verwyder is (November 2008), ons het weer probeer en ek het uitgevind dat ek swanger is in Junie 2009, verlede week (23 Julie 2009)is die fetus ook verwyder a.g.v nog ‘n buisswangerskap,my buis is nie verwyder nie, maar is erg beskadig. Die dokter het voorgestel dat ek nie weer self probeer swanger raak nie, maar moet gaan vir in vitro. Ek is so bang, so seer… Ek wil net sê, sterkte, mag God met julle wees gedurende die reis wat voorlê. Mag Hy, Sy genadende Hand oor julle sit sodat alles volgens sy plan mag verloop.

  • http://wlgicriwyspr.com/ azpfvu

    rup3TV fiwuljhmguqs, [url=http://fiyvxewbjszs.com/]fiyvxewbjszs[/url], [link=http://yddomsijzzie.com/]yddomsijzzie[/link], http://hcfvuarkllgh.com/

  • Marie Jordaan

    Hi mensies….. Ek het gister uitgevind dat ek nie normaal kan swanger raak nie en ja ek het gemengede gevoelens….al hoop vir my en my man is in vitro bevrugting….ons het nie die fondse nie. ek het op Corne Victor se stukkie gelees dat hulle ‘n trust gestig het vir fondse vir mensies wat die nie kan bekostig nie. Is die trust nog beskikbaar en waar kan ek hulle kontak? Ek is 28 jaar oud en ek wil so graag weer ‘n mamma word. Ek het ‘n seuntjie van 7 jaar uit ‘n vorige verhouding. Ek moet die 22 ste Junie 2010 by Universitas Hospitaal in Bloem wees. Asb as enige een my kan help sal ek en manlief baie dankbaar wees. My nommer is 076 646 5454.

  • Coreen

    Ek wil graag swanger raak maar soek `n dogtertjie ek het al reeds drie seuns wie kan raad gee

  • Juanita

    Juanita Koekemoer
    Wil net weet ek en my verloofde het 2 seuntjies. Soek baie graag n dogtertjie.
    Kan vitro Bevrugting jou n keuse gee van geslag of hoe werk dit. Juanita

  • Maryna

    Hi kan enige iemand my dalk se wat die koste is vir invitro inplantings en waar sukkel al 11 jaar kan nie swanger raak.