michaelmol
Ons praat met

Michael Mol se eie TV-program

Om die waarheid te sê, die hele program was sy idee. Dit is ‘n mediese joernaalprogram, genaamd Hello Doctor. Verwelkom dié sjarmante dokter in jou woonkamer en roep die loopneusdae vaarwel!

Phyllis Green het met dr. Mol gesels oor die nuwe program.

Wanneer begin Hello Doctor, en op watter kanaal?

Die program loods 3 April op SABC 3 en word elke Sondagmiddag tussen vyf- en sesuur uitgesaai.

Wat is die formaat van die program?

Dis ’n leefstylprogram met die visie om op te voed, te vermaak en mense te inspireer om hul beste lewe te lei.

Hoe het jy op die idee vir die program gekom?

Dis ’n kombinasie van al die idees wat voortgespruit het uit ander mediese en leefstylprogramme. Ek het al die beste eienskappe gevat en dit in een program geformuleer.

Dit is wat kykers te wagte kan wees:

Daar is so ’n bietjie van ’n realiteitsprogram-element met stories oor hoe mense verander van ongesond na gesond.

En daar is ook onderhoude met celebrities oor hulle gesondheidstoestande.

Daar is gevallestudies (voor-en ná-stories) oor teenveroudering.

Raad om reg te eet vir sekere gesondheidstoestande, soos watter kosse is die beste vir jou kind wat aan aandagsgebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) ly.

Daar is ’n chirurgiese segment wat fokus op die jongste ontwikkelings, soos opehart-chirurgie. Dit word in samewerking met Susan Vosloo aangebied.

Deskundige raad op gebiede soos dieetkunde, kardiologie en dermatologie sal weekliks beskikbaar wees.

En laastens, ‘n inspirerende segment waar ons met mense wat die dood in die gesig staar gesels oor wat die lewe hulle geleer het.

Dink jy daar is plek vir so program in Suid-Afrika?

Absoluut!

Gaan jy steeds betrokke wees by ander televisieprogramme?

Ja, ek sal steeds betrokke wees by die ontbytprogram Expresso, Maandae tot Vrydae vroegoggend op SABC 3.

 

  • Susan Fogwill

    Briljante idee, ek is voor die kassie. Hoop daar is iets vir Kanker oorlewing mense ook een of ander tyd.

  • http://www.sarie.com Ogies

    Gaan defnitief kyk en dan is Michael nog iets vir die oog ook. Hy is n briljante t.v. aanbieder.

  • Amelia van der Merwe

    Hi, ek sit al die 2de Sondag voor die TV om na die nuwe program te kyk , maar daar gebeur niks, is daar ‘n probleem met die nuwe program?