Ons praat met

Modes by die Met

Perde (16 van hulle) en mooi en bekende mense (50 000 van húlle) trek op 31 Januarie saam vir die jaarlikse J&B Met in Kaapstad. Die vinnigste perd kan R2,5 miljoen wen en die geleentheid genereer jaarliks sowat R52 miljoen vir die Wes-Kaapse ekonomie, waarvan R14 miljoen slegs uit modeverkope is! Vanjaar se tema is glitz and glam! en kaartjies is regoor die land beskikbaar. Skakel 021 700 1600.

Luister Vrydagoggend tussen 08:30 en 09:00 na Tammy-Anne Fortuin op KFM94.5 oor modes en die Met.
“Met ‘n tema soos Glitz & Glamour dink ek hoede gaan weer gróót wees, so ook bykomstighede soos lekker blink juwele. Mense gaan wyer dink as net die gewone. Ek sien baie uit daarna!”