Ons praat met

Molly en Wors se Willie

Molly & Wors (26 episodes) is een van die gewildste komediereekse op kykNET. Dis nog tot Oktober op die lug. Willie Esterhuizen, die skepper daarvan, het al vyf TV-reekse – 235 sitkom-episodes van ‘n halfuur elk – geskryf.

“Die lekkerste van komedie skryf, is as dit werk en mense lag. Die moeilikste is om drieuur die oggend voor ‘n rekenaarskerm te sit en niks wat jy skryf, is meer snaaks nie. Jy weet nooit wat die kykers se reaksie gaan wees nie.

Molly & Wors is eerlik en uit die hart geskryf. My broer Pieter (hy’s medevervaardiger) het gesê ek moet iets skryf oor ‘n ‘normale disfunksionele’ gesin. Dis nooit maklik om ‘n reeks te verfilm nie, anders sou almal dit gedoen het; komedie is baie moeiliker as wat dit lyk. Humor is ‘n baie persoonlike ding. Iets waarvoor jy jou dinges af lag, kry dalk nie eens ‘n smile van jou vriendin nie. Ek meet dit só: As dit vir my en Pieter snaaks is, bly dit in die episode.

“Ons Suid-Afrikaners lag as ons onsself of ons familie in karakters kan herken. Jy moet oor geloofwaardige karakters en situasies skryf. Molly en Wors was Vaatjie se ouers in die movies Poena is koning en Vaatjie sien sy gat, en het baie goed in die fliek gewerk. Daarom het ons besluit om hulle as ‘n gesin te gebruik in dié reeks. In die fliek was hulle meer rof-en-onbeskof, maar vir TV het ons hulle ‘n bietjie meer ordentlik gemaak.

“Ek werk tans aan ‘n fliek, maar dis nog ‘n geheim – weer een met jong mense in die hoofrolle. Elke reeks is my gunsteling wanneer ek daarmee besig is. As ek nie daarvan hou nie, hoe kan ek verwag die kykers moet? Maar Vetkoekpaleis en Ella, Worsie se ma, is seker maar in die eerste twee plekke.

“Ek dink ek sal skryf totdat ek eendag omval. Ek lees baie en neem foto’s, veral van mense. Maar my gunsteling-tydverdryf is om met my worshondjies, Amelie en Daisy, te speel.”

* Besoek ook www.kyknet.co.za.


  • helene

    as mollie en wors ‘ nie te erg’ is nie, is ek baie bly ek het nie die twee genoemde flieks gesien nie! stem saam – ella bly ‘n treffer en miskien ook een van die redes om te bly kyk….

  • Annelise

    Hallo

    Waar kan ek dvd’s koop van die tv reeks mollie en wors?

    Baie Dankie

    Groete
    Annelise

  • Leonie Oosthuizen.

    Aan Willie dankie vir ‘n fabulous tv reeks mollie en wors my kind geniet dit ook om te kyk sy is ses ons kyk saam met haar en my en my gesis se ingemeegevoel met jou vrou se afsterwe wanneer kom goutenleng weer treug na die kasie toe en vetkoek paleis.?

    ons geniet jou shows baie jy is ‘n uitstekende regiseur en vervaardiger hou so aan en baie jammer om te hoor van jou vrou wat dood is.

    mag die here jou ryklik seen en altyd by jou wees en bystaan good luck vir die toekoms.
    mag hy jou ook dra in die moeilike tyd.

  • http://ojjjnzseicmm.com/ zdvnesgmu

    VvCJYR eiinvnzisrtj, [url=http://dfaubjethhwq.com/]dfaubjethhwq[/url], [link=http://jgqlpofxmdkm.com/]jgqlpofxmdkm[/link], http://ywhbcfyignes.com/