Ons praat met

Monique Strydom: “Noudat Ghaddafi dood is, kan ons die waarheid praat”

Of so het almal gedink.

“Noudat hy dood is, kan ons uiteindelik die waarheid praat,” sê Monique aan sarie.com.

“Na ons vrylating het al die eer aan Ghaddafi gegaan, maar eintlik het hy die hele situasie gebruik vir sy eie politieke gewin. Dis die Suid-Afrikaanse taakspan wat die regte helde is.”

Die SA taakspan het alles in hul vermoë gedoen om Kallie en Monique se vrylating te bewerk, maar hulle het gou agtergekom dat hul enigste hoop die Libiese leier is. “Hy het al die kontakte gehad, en sonder sy invloed sou dit byna onmoontlik wees om ons daar uit te kry,” vertel Monique.

Ghaddafi het ingestem om te help, maar hy het amper ondenkbare voorwaardes gehad. Hy het besef dis ’n kans om sy politieke beeld te poets, en het soveel moontlik daaruit probeer put.

“Dit is hoekom die onderhandelings so lank geneem het. Sy grootste voorwaarde was dat hy, as diktator in Afrika wat deur die wêreld as ’n terroris bestempel is, wou deel raak van internasionale politiek.”

Na vele onderhandelings het hy gekry wat hy wou hê.

Na hul vrylating is Callie en Monique in Tripoli, Libië, aan SA ‘oorhandig’. “Ons het nie vir Ghaddafi self ontmoet nie, maar was die gaste van sy seun, Shaif Al Islam Ghaddafi,” onthou Monique. (Dit is die seun wat nou gejag word deur die Libiese rebelle.)

“Dit was ’n ongelooflike ervaring. Ons is van die lughawe af vervoer in duur swart karre, en ons kon agterkom dat die Libiese inwoners padgee as hulle dié motors sien aankom.” As gaste van Ghaddafi is hulle in sy private gastehuis gehuisves.

“Selfs die kopstuk van die bed en die krane in die badkamer, alles, was met goud oorgetrek. Dit was ongelooflik luuks…”

Monique vertel dat Shaif Al Islam baie charismaties en dinamies was. Hy het selfs die media, wat wou weet of Libië ’n losprys betaal het, om sy pinkie gedraai sodat almal glo wat hy wil hê hulle moet glo. Aanvanklik het hulle gesê daar is nie geld betaal nie, maar dat hulle belowe het om ontwikkeling in die gebied te doen as deel van die Ghaddafi Charitable Foundation. Maar later is gehoor dat daar inderdaad ’n losprys van $1 miljoen per persoon betaal is deur die Libiese regering.

“Ons het hom nie as ’n bose man ervaar nie. Hy was vriendelik en baie behulpsaam, maar ons het geweet hulle is nie goeie mense nie. Ons voel nie jammer vir hulle oor wat nou met hulle gebeur nie. You live by the sword, you die by the sword.”

  • Susanna Kruger

    sien die Bybel se vir ons die waarheid sal seevier….en dit het PRYS DIE HERE….en dat Monique & haar man veilig in SA is…

  • anoniem

    Dis met gemengde gevoelens want as iemand wat my pa laas jaar verloor het is dit nie lekker om sulke beelde van iemand te sien wat ook ‘n familie het nie.
    Gelukkig kom die wraak ons nie toe nie mens kan maar net bid en sê Amen

  • Jeanne Coetzee

    Ek wonder watter boodskap sal hy "Ghadaffi" nou graag wil deurgee aan die aard bewoners, dalk dieselfde as di rykman wat ons in die Bybel van lees. Maar dis te laat, daarom moet ons maar elke dag in di Vader se voetspore volg, jy kan nie omdraai en regmaak as dit finaal te laat is nie…..

  • Tina Ainslie

    Ek is dankbaar dat hy dood is. Niks goeds kan uit die (B)bose kom nie.

  • Cecilia Steinberg

    Hy was gewis ‘n magshonger diktator en het heel duidelik die situasie uitgebuit, maar dit klink tog asof hy wel instrumenteel was met die vrylating van die gyselaars. Ook die feit dat die Libiese regering $1miljoen dollar betaal het per persoon (indien waar) maak dat hy inderdaad ‘n sleutelrol gespeel het. Die artikel is misleidend. Die ‘waarheid’ is dat Gadaffi ‘n politikus is wat ‘n internasionale krisis uitgebuit het vir sy eie gewin, maar nie dat hy as’t ware die gyselaars self aangehits het, soos wat die hoofopskrif my laat dink het nie. Dis nie veel anders as wat enige ander lid van die politici gewoonlik doen nie.

  • Danielle du Plessis

    Ek dink die woorde:"ons voel nie jammer vir hulle oor wat nou met hulle gebeur nie", is kras.
    Die fotos van Gadaffi op die voorblaaie van die dood van Gadaffi is barbaars, daar is nie groot verskil tussen die wat sy dood gesoek het en Gadaffi self nie; daar is ook nie nou n oplossing in Libie nie, nie naastenby nie.

  • Annette Kruger

    Die hoofopskrif is inderdaad misleidend. As ek die artikel lees het hy net tot voordeel van die Strydoms opgetree en is hulle bevry. Dit is ook waar dat hy tot sy eie voordeel opgetree het en dat hy nie ‘n goeie mens was nie, maar dit is barbaars om die tipe foto’s te sien wat op vandag se koerante is. Volgens my is die berig heeltemal onnodig, want dit se eintlik niks wat hom in ‘n slegte lig stel nie, eintlik in ‘n goeie lig, want ek het nie geweet van die losprys wat hy betaal het vir die gyselaars nie.

  • Barend van der Merwe

    Qaddafi was ‘n wrede man en die wereld gaan hom so onthou.

  • Mari

    Hy was boos en eks baie bly vir die vryheid van die Libiers, maar so dood sal ek nie eers my grootste vyand toewens nie

  • E A Terblanche

    Wel, as dit nie vir Gadaffi was nie, wat ook al sy motiewe, sou Monique en Callie dan heelwaarskynlik nou nog op die Fillipynse eiland gewees het, bo of onder die grond. waarom nou so kras van hom praat?

  • Anoniem

    Almal is nie net sleg nie. Ghaddaffi het ook .goeie eienskappe gehad.
    Jammer hy het dit toe verkeerd gebruik. Mag korrupteer. Laat ons dit maar almal onthou.
    Jou beste eienskap kan ook jou slegste eienskap word en gelukkig andersom ook.
    Jammer net dat al die lelike fotos oor die hele wereld gestuur is.

  • CJA van Zyl

    Baie mense in gesagsposisies het maar verskuilde agendas, feit is Callie en Monique is deur Ghaddafi na vryheid gehelp. Nou het sy moordenaars presies gedoen as waarvan hy beskuldig word. Dwarsoor die aardbol skreeu almal "Mensregte". Hy moes behoorlik verhoor word in die hoogste Hof. En ons soek nie grusame foto’s op voorblaaie nie!. Ek sal nie ‘n koerant koop as die joernaliste nie in staat is om met woorde die verhaal oor te dra nie.

  • Elize

    Die berig van Ghadaffi se dood is nie aangenaam nie. Die manier wat hy ‘gejag’ was is baie ontstellend. Ek wil nie sy dade goedpraat nie, maar daar is perke. Daar is baie leiers van die Arabiese mense wat tot die dood veroordeel word, is dit nou maar nie die plan van die ‘Powers that want to be’ nie, Daar is ‘n paar van die ‘groot’ lande wat skerm agter hierdie dade, is dit om die olie van die mense oor te neem vir hulle eie luukse gebruik, en dan die res maar net weer uitmors, hulle sal verantwoording doen vir hulle sorgelose lewensstyl. Omstandighede lyk nie goed in die Arabiese lande nie. Wat sal gebeur as daardie wreedaardigheid oorvloei na die res van Afrika? Ek wonder wie die volgende teiken gaan wees, daar is alreeds oe op Iraq gerig. Ek ook baie dankbaar dat Monique en Callie se lewens gespaar is. Alle eer en loof aan ons Hemelse Vader – Hy het geluister na al die baie gebede van Sy mense.

  • Sue Pienaar

    Ek is ‘n Suid-Afrikaner wat al vyf jaar saam met my Suid-Afrikaanse man in Saudi Arabie woon en werk en ons ken en volg die hele opstandsbeweging wat in die hele Midde-Ooste aan die gebeur is! As mens nie self met mense van die gebied werk en gesels nie, kan ‘n mens nie die situasie beoordeel of veroordeel nie! Ek ken die politek daar!

    Ons in die Weste het nie ‘n IDEE hoe die sisteme in die Midde-Ooste, en Noord-Afrika (wat as deel vd Midde-Ooste beskou word) werk nie! In hulle kultuur is dit niks vreemd dat skokkende en bloederige lyke op die TV en in die media verskyn nie; baie skokkend vir die Weste, maar totaal en al aanvaarde gebruik in die werelddeel!

    Niemand in die Weste weet hoe Ghaddafi die wereld gewetenloos gemanipuleer het nie en hoe hy blantant sy land se geld gesteel, en gebruik, het om homself soos ‘n held te laat lyk nie. Dit kan nie eers amper met Suid-Afrika vergelyk word nie – ons is ‘n ‘arm’ land in vergelyking met Libie!

    Verder het niemand in die Weste in vae idee wat in Libie gebeur het nie – niemand het die reg om dit te veroordeel nie. Binne die konteks van hulle bestaan is dit massiewe stappe na normaliteit! Massief, verby massief!

    Dis wonderlik dat Monique nou hieroor kan praat en dis meer wonderlik dat hulle vrygelaat is!

  • Lynette Schutte

    Monique ek bewonder jou…. en ja ek stem saam dat hulle verdien wat hulle kry… hy en sy
    gesin het geen genade gehad vir ander nie… maar ek dink dis so barbaars om dit
    op die wyse te gedoen het (hom so blatant) doodgemaak het. Hy moes verhoor
    geword het en sy laaste jare in ‘n tronk deurgebring het vol rotte en vlooie en in
    armoede soos sy mense moes leef.

  • Bosvelder

    Ek was baie ontsteld oor die grusame foto op die voorbad van Beeld gister. Dagblaaie le orals in huis rond en kinders word aan sulke grusaamheid blootgestel. Wel waar dat baie huise nie meer kinders beskerm teen media invloede nie. n Mens bly n mens, al was hy hoe barbaars. n Lewe is geneem en ons mag nie so gedesentifiseer word dat n lewe nie meer geag word nie. "You live by the sword, you die by the sword".. miskien moet ons na ons eie verborge "swaarde" kyk. Laat die een wat sonder sonde is, die eerste klip gooi.

  • Sue Pienaar
  • Gerda

    Die tv-insette van Ghadaffi in sy laaste oomblikke is wreed en barbaars. Dit is verstaanbaar dat die mense wat so lank onder sy diktatorskap gely het, buite hulself van opgekropte woede, haat en frustrasie was, maar die manier waarop hulle hom doodgemaak het en met sy liggaam gemors het, is afkeurenswaardig. Dit is reg dat sy land hervorm word en ‘n mens kan maar net hoop dat die nuwe leiers werklik in belang van al hul mense sal besluite neem.

    Wat Monique Strydom se "onthullings" betref: waarom kon dit nie vroeër vertel word nie? Wat is so sensasioneel daaraan? As daar $1 miljoen vir elkeen van hulle deur die Ghadaffi-regime betaal is, met watter politieke motiewe ookal, behoort hulle sy rol in hul vrylating te erken en dankbaar te wees.

  • Anoniem Z

    Ek stem saam!" You live by the Sword, you die by the Sword" Hy het groot hartseer veroorsaak met dit wat hy gedoen of laat doen het, en ja, geen mens verdien om so te sterf nie, maar hy het geen menslikheid getoon nie. So se die spreekwoord, Elke hond kry sy dag. Hy het seker sy goeie punte ook gehad maar vir die wereld was hy ‘n SADIS!

  • Henriette Botha

    xxxx

  • Susan Jacobs

    Baie interesante artikel!
    Tina Ainslie ons was bure in Magalieskruin. Sal baie graag met jou in kontak wou kom na al die jare. Kontak my op FB of na my email adress asb.
    Susan jacobs, Hamilton Ontario, Kanada.

  • Denette Odendaal

    Ons kan nie vir Callie en Monique enigiets kritiseer oor wat hulle te se het nie. Hulle het onmenslike drama deurleef en lewendig daaruit gekom. Ek haal my hoed af vir hulle twee dat hulle so sterk staan. Wat Monique se het waarde. Ek bid dat sy en Callie voluit vir almal vergewe het vir daardie aaklige episode in hulle lewe. God’s woord se dat ons moet vergewe sodat Hy ons kan vergewe = "you live by the sword, you die by the sword". Wat jy saai sal jy maai, ens, ens…. ek is bly en verlig dat nog ‘n diktator in Afrika tot ‘n val gekom het.

  • Karin Smit

    @ Danielle du Plessis, hoe kan jy sê Monique se woorde is kras?
    en ai, Cecilia Steynberg – lees tog tussen die lyne;
    en Jeanne Coetzee – die Bybel sê ook "gee die keiser wat hom toekom"
    Amen!

  • Bruno van Eeden

    Wat sal arme Monique nog doen om in die nuus te bly en hulle ervaring uit te buit.
    As ek deur iemand se toedoen gered word vir watter doeleindes ookal sal ek daardie persoon my hele lank dankbaar wees.
    Hoeveel mense in jul possisie het dit nooit gemaak nie!!!!!!!!!!
    Dit is stank vir dank!

  • rentia

    Ghaddafi se mense het vir 42 jaar in vrees gelewe. Maar hulle moes hom liewer gevange geneem het sodat hy kon verhoor word vir sy dade en as ou man in die tronk sit.

  • Elbe

    Ag mense, ek wonder of enige van julle al so iets beleef het? Gee die mense geleentheid om met alles klaar te maak. Deur te praat oor trauma, kry ‘n mens innerlike genesing. Ons wil net altyd wegskram van trauma, daar meg nie oor dit gepraat word nie. Gou goe is mense op jou en se daar gaan sy al weer. Dis vir my duidelik dat die wat so reageer nog nooit WERKLIKE trauma beleef het nie. Los hulle gun hulle die geleentheid, vir genesing. Julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vry maak.

  • theuns

    Ai die afrika mense het darem baie geduld met diktators [42 jaar] noem maar op in afrika gaan dit so;maar moenie bekommer nie GOD het n plan.

  • Elize

    soos jy lewe so sal jy sterwe, en dit is al wat vir my saak maak!

  • Anzee

    Kyk en leer. Demokrasie- dit is wat gebeur. Sadan Hosein, Ghadaffi en ek voorspel Malema is volgende.

  • Lampies Lamprecht

    Sjoe, n moeilike een hierdie. Kan met opregtheid my hartseer uitspreek oor die dood van iemand wat sonder God se genade geleef en gesterf het. Die amazingste is dat God ons almal, hom in kluis so lief het, nogtans ons keuse wat ons bestemming hierna bepaal. Vir my is elke mens, elke liewe mens, kosbaar veral in God se aansien.

  • Gramsci

    Monique Strydom is die mees ondankbare persoon in die wêreld! Na alles wat Kolonel Gaddafi vir hulle gedoen het. Sy behoort haar te skaam!

  • Stephen Baard

    Hoe kan jy se Ghadafi het niks gedoen nie?. Al het hy sy beeld gepoets vir eie gewin, het julle julle vrylating aan hom te danke.. Ek sien nerens in jou artkel waar die SA Regering enige rol gespeel het nie.

  • Nerina de Waal

    Monique sê nie sy is bly wat met Kadaffi gebeur het nie. Sy het doerie tyd al gesê hoe ongemaklik en bang sy was in Libië. Die Media het gewys hoe moorddadig Libië se mense is. Wat my opgeval het is dat niemand wat aan die rebelle kant geveg het onversorgd of verhonger gelyk het nie. As dit die midde oosterse styl is om so moordadig op te tree, wat het Kadaffie dan verkeerd gedoen? Wat is die verskil tussen kadaffie se leefwyse en die van die olie shaiks in Arabie en Dubai? En gaan die nuwe regering nou minder moordlustig wees as Kadaffie s’n? Ek kan nie help om oor hierdie dinge te wonder nie. Ons vergeet hoe dieselfde mense in Libië ‘n maand of wat gelede vir die Kadaffie vlae gewaai het, nou skielik vir die NOR ook vlae waai. As julle my vra gaan daar net ander vorms van vergrype plaasvind as voorheen. Kyk hoe wreed is Kadaffie se werkers in toue vasgemaak in die strate van Tripolie rondgesleep? Ons weet net die stukkies wat op CNN en Skynew en ander nuuskanale vrygestel word. Die mense van Benghasie en die mense van Tripolie het nog nooit langs een vuur saamgesit nie. En hierdie oorwingging gaan alles oor westerse weerwraak oor die Lockerbie vliegtuig en bomontploffings en olie. Ek probeer nie nou sê dis reg of dis verkeerd nie.

    Met Kadaffie uit weg kan Suid-Afrika nou seker beslag lê op sy beleggings hier, en Uganda op al Kadaffie se belange daar en so ook in Kenia.
    Hoekom word daar nie ook aandag gegee aan oom Bob van langsaan nie?

  • Estelle v.d. Merwe

    Ja, ek wonder ook oor oom Bob. Ek is seker die aarde sal ‘n beter plek wees sonder hom, maar dis is nie vir ons om te besluit nie. Ons moet net aanbou bid vir Suid-Afrika en Zimbabwe. God sal ‘n uitweg gee.

    Wonder ook

  • Frieda

    If you live by the sword, you will die by the sword. Ek wil net reageer op wat Lampies gese het van dat God Khaddafi lief het. Dis nie waar nie, God kan nie in iemand se hart leef as daardie persoon nie God in sy hart toelaat nie. Of jy neem Hom aan in jou hart, of nie. Dis elkeen se eie besluit, en Khaddafi het homself as die god van Afrika gesien.