Ons praat met

Morné Steyn wys sy gesin

Die Springbok Morné Steyn het onlangs ’n tweede seun ryker geword en is terug in Parys, Frankryk, waar hy vir die rugbyklub Stade Français speel. Hy en sy vrou, Christelle, gesels oor dié ooievaarsgeskenk en hul lewe oorsee. 

Hier volg ’n kort uittreksel uit die onderhoud wat in ons Oktober-uitgawe gepubliseer is

oktober 2015 okt carlize earle voorbladgesig

SARIE: Geluk met die nuweling! Stel ons voor asseblief?

Christelle: Sy naam is Christean en hy is sy boetie, Jóvan (3), uitgeknip. Hulle huil dieselfde, drink dieselfde en is baie rustig. Hy het 3,5 kg geweeg by geboorte op 10 Augustus – ’n regte rugbyspelertjie! Ek wou nog altyd my seuntjie eendag Christean noem; dis vir my so mooi en klink baie soos my en my ma, Christine, se name. Ek moet sê, ek dink hy is so rustig omdat ek self dié keer rustiger is – nie dat sy boetie stout was nie! Hierdie keer wonder ek nie wat elke “wê” beteken, en of ek alles reg doen nie!

SARIE:  Jy neem Franse klasse daar. Moet jy Frans praat op die veld?

Morné: Ja, die rugbytaal is gelukkig maklik en ek kon dit vinnig optel. Ons loop Franse klasse by die rugbyklub, maar dis ’n moeilike taal en ek het nie altyd tyd om nog by die huis te gaan leer nie. Om ’n gesprek te volg of in ’n groep te gesels is nog ’n bietjie bo my vuurmaakplek!

Lees die volledige onderhoud in ons Oktober-uitgawe. Nóú te koop!