553417_4877819903260_589006181_n
Ons praat met

Geluk ná Dozi vir Muriël

Sy en Jannie Visser (28) van Wolseley, wat ‘n vervoermaatskappy saam met sy pa besit, trou in September aanstaande jaar. Hulle het op 3 November vanjaar verloof geraak.

Muriël borrel oor haar nuwe liefde wat sy ‘n jaar en ‘n half terug op ‘n vriend se troue op Riebeek-Wes ontmoet het.

“Ek het ‘n kort swart rokkie op die troue gedra. Ek was net dadelik aangetrokke tot hom. Aanvanklik lyk hy baie skaam, maar hy is ‘n mens-mens. Ons het daardie aand so lekker gesels. Hy het die heerlikste geaardheid en is gemaklik met homself. Dit was van my kant liefde met die eerste oogopslag. Jannie het my heeltemal oorweldig. Maar ons het eers twee maande ná die troue, danksy vriende wat ons weer saam uitgenooi het, eintlik weer gekliek. En toe het ons begin uitgaan.”

Hy is “op ‘n anderste manier” romanties, sê sy. “Dis die klein goedjies wat hy vir my doen wat hom besonders maak. Hy sal altyd sorg dat ek ‘n drankie het as ons iewers kuier, hy pak die braaivleisvuur, maak deure vir my oop, hy koop nie rose vir my nie, maar pluk dit eerder uit sy eie tuin! Hy is net ‘n ware jintelman. As ek vir hom gaan kuier, dan dink ek nog ons gaan uiteet, maar as ek daar kom, het hy pizzas bestel. Hy is so plat op die aarde. En o, hy is net só aantreklik. Sy oë, sy gespierde arms. Ons werk nog net aan die sixpack!”

Hulle doen soveel heerlike dinge saam. Toe dit winter was, het hulle gaan sneeu kyk op Ceres. Dikwels braai hulle saam met vriende op Wolseley en dan word daar geswem en gekuier . . . Vang gereeld saam vis. By Langebaan huur hulle ‘n kano en vaar om die eiland. En in Junie het hulle drie weke lank deur Namibië, Botswana en Zimbabwe getoer.

“Ons is mal oor kamp en het mekaar daar ontsettend goed leer ken. Ek het by hom geleer om rustig te wees en nie meer vrese oor die liefde te hê nie. Hy respekteer my en vroue in die algemeen.”

Die lekkerste ding is dat hy elke dag vir haar sê sy lyk mooi, al het sy haar oudste klere aan. “En ons sluit elke telefoongesprek af met, ek is lief vir jou.”

  • Mariana Carosini

    Ek ken Muriel, van stop en vleis koop by haar en haar broer in Moorreesburg. Jy kom as vreemdeling daar in, en stap as vriend daar uit. Altyd… die vriendelikste groet en gesels. So bly vir haar part dat sy geluk vind.. en glo, sy sal baie gelukkig wees. So, die wat weer N7 ry, stop verseker by Lategans, want al gesels jy net.. bly dit die moeite werd..
    Sy is n hartlike, vriendelike, borrelende meisie!

  • estelle

    jannie visser – ‘n baie beter keuse!!

  • Alta Vigus

    Muriel, jy verdien dit om gelukkig te wees. Baie geluk aan jul tweetjies. God bless :-)

  • Sandri

    Ag, sy klink sommer gelukkig. Dis regtig waar die ou klein dingetjies in die lewe wat die meeste saak maak. Dammit, ek huil sommer!

  • Suzette

    Jy kan soo bly wees jy’s ontslae van Dozi, hy sukkel nogsteeds om groot te word, en sy lewe bly maak deurmekaar, Se dankie dat jy geloop het, en kyk nooit ooit weer terug nie.

  • Kalienka

    Alles van die beste vir julle!. Dozi en sy "bedrywighede" by sy uithangplek wat elke nou en dan in die nuus is plsu die tipes wat daar rondhang is beslis benede jou! Jy verdien beslis beter.

  • Elizabeth

    Baie geluk en net die beste vir julle. Jy verdien beter as daai ou Dozi!!

  • Cat

    Muriel is nog baie baie kind. Sy moet versigtig wees om nie suinigheid vir romanse aan te sien nie – as ‘n man nie vir jou blomme koop, of jou nie uitvat vir ete nie – dan is dit nie noodwendig romanties nie, dit is gerieflik en kos min geld. Dit gaan nie na die tyd verander nie, dit is soos hy is. Nie dat dit sleg is nie, maar dit is wat dit is – moenie verwag jy gaan hom verander nie. Ook is haar klem op hoe sy lyk en hy haar daarvoor komplimenteer baie oorwegend. Ek hoop dit werk vir haar, en dat haar ouers die keer sal verby die klatergoud kyk, en haar mooi laat besef geld is nie alles nie. Elke woord wat ek hier lees was omtrent wat sy van kwytgeraak het toe sy saam met Dozi was. Dit klink so oppervlakkig dat ek nie anders kan as om te dink, dat haar kinderskoene nog nie ontgroei is nie.

  • Bertie

    Muriel – geluk! wees opreg dankbaar dat jy van Dozi ontslae is; hy is een van ‘daai mans’ wat dink alle vroue sal smeul om hom en dat hy God’s gift to women’ is. Ek gril my morsdood vir hom. Sy lewe is ‘n sirkus en hy is die hoofnar.

  • Issabelle

    Wat ‘n lekker storie om te lees , ja elke hart het sy smart , maar ek is bly Muriel het weer iemand gekry wat kan om gee & haar kan lief he net soos sy is !!!
    Dozi het nog nooit by haar gepas nie , hy is bae selfsugtig & dink net aan hom self …. alweer die nuwe liefde ook weer kwyt …. iewers moet daar mos fout wees !!

    Geniet jou liefde Muriel & kyk net vorentoe !!

  • Linda Marais

    Cat, jy is darem baie sinies. As jy enigsins vir Muriel en/of haar ouers ken, sal jy weet klatergoud tel glad nie by hulle nie en dat ‘n pizza by die huis en ‘n blom uit die tuin is die klein dingetjies wat saak maak. Sy sal nog plat op die grond ook sit om die pizza te eet. Ek ken nie vir Jannie nie, maar dit wat ek van hom hoor, is net wat ‘n mense-mens hy is. Almal hou van hom. Ek gun hulle albei ‘n wonderlike en geseënde huwelikspaadjie saam. Haar ouers is baie gelukkig met haar keuse.

  • Jolandie

    Sterkte en alles van die beste Muriel. Wees dankbaar jy is van Dozi ontslae. Hy en sy trawante wat so gereeld negatief in die nuus is sal nooit goed wees vir jou gesondheid nie!!! Mag jou nuwe toekoms net mooi dinge inhou!!

  • Melanie

    Dozi is ‘n grillerige vent, wees bly jy is ontslae van hom. Mag jy nou opregte geluk en liefde in jou lewe he. Baie geluk aan julle

  • a rheeder

    Die tekens is al daar, dit gaan ook nie werk nie, sy is naiive

  • Yvonne

    Muriel na al die jare is daar weer ‘n sprankel in jou oë (meer as ooit tevore). Elke pot het sy deksel, soms met ‘n ompad.. Jou artikel kan nie nastenby in woorde omsit hoe gelukkig julle saam is nie,julle bring absoluut die beste in mekaar uit. Altwee sulke wonderlike mense met pragtige persoonlikhede wat nie hulle ophou met aardse dinge of kleinigheid nie. Julle is altyd dieselfde mense, maak nie saak wat die omstandighede is nie. Mag daar nog Dekades wees van liefde en geluk

  • Arthur

    Baie geluk aan julle twee, julle al twee verdien geluk en mekaar, net jammer van sekere mense "CAT"
    wat nie rerig iets van die lewe weet nie en lyk of sy ook nie baie gelukkig is nie. Muriel is n pragtige
    mensie, en sy verdien wat die beste is en Jannie is ook n beste keuse.
    You go Girl.

  • Amanda

    Aag hene dis lekker om te hoor. Wees gelukkig vir altyd!! Mwhaa!!!! :)

  • Cindy Fick

    Baie geluk Muriel jy verdien net die beste wat jou toekom. En dit is lekker om gelukkig te wees. Sterkte met jou trou reëllings.

  • Cat

    Dalk is dit omdat ek wel iets van die Lewe weet dat ek kan se wat ek sien. Die kind se beste opmerking was dat sy "Bly was dat Dozi haar Gekies het". nou is sy were opgewonde oor tuinblomme en kampeer. En ja, as haar ouers haar geadviseer het dat Dozi 21 jaar ouers as sy is, en niks met haar in gemeen, en dat sy lewe nie by hare pas nie, sou dit wel wys wees, maar each to her own. daar is meer omtrent trou as blomme, kamp, en die rok. onthou dat die res van mens se lewe redelik lank kan wees – good or bad.

  • Hes

    Enige iemand wat van Dozi af kan wegkom verdien geluk. Regte takhaar en grillerig daarby.

  • Everson

    Sjoe Cat, jy is darem katterig. Moenie so oordeel nie. Jannie is ‘n fantastiese man wat met oud en jonk oor die weg kom. Daar is niks wat hy sal moet "verander" nie. Hy is beslis ook nie suinig nie. Moenie sulke groot en diep afleidings maak oor ‘n eenvoudige stelling soos hy koop vir haar pizza nie. Gun die twee hulle geluk.

  • Gesina

    Ek weet nie wat het sy in daai ou man gesien nie… hy het ‘n aangeplakte ego! dis goed dat sy ontslae geraak het van hom. Geluk met jou nuwe keuse! ten minste dra hy jou op die hande

  • Mol

    GAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAP

  • AS

    "Ek het ‘n kort swart rokkie op die troue gedra". Wat het dit met enigiets uit te waai?

  • wendy

    muriel baie geluk jy verdien n tweede kans hoekom nie you go girl ,,,ai moenie vir jou steur aan die swart galligheid van mense nie alle voorspoed in die toekoms ,,,xx

  • Cat again

    Ai, ai. Liewe mense, die artikel gaan nie oor my nie, geen rede om so op my kommentaar te fokus nie. Ek reageer op die artikel soos dit berig is. Dit gaan meerendeels oor haar en haar emosies en hoe hy haar beindruk met wat hy vir haar doen. Meeste ander verlowingsberigte fokus op hoe die aanstaande bruidegom die vraag gevra het, en hoe romanties dit was en die ring. Nie werklik oor hoe kort rokkies was, dat hy ‘n vervoersaak het, ‘n vuur kan pak (?) ens nie. Ek is dalk teleurgesteld oor hoe oppervlakkig sy oorkom in die berig, dalk nie haar skuld nie. Alle geval, lekker aand vir julle beste wense vir die paartjie.

  • LVS

    [[[Dit moet VERSKRIKLIK wees om so suur deur die lewe te gaan, soos sommige van mense wat hier kommentaar gelewer het!]]]

    MURIEL & JANNIE:

    Ek is onsettend bly vir julle 2! Die perfekte deksel het jy NOU beslis gekry! Dis die mooiste as ‘n mens kan sien hoe ‘n paartjie straal van geluk! Dis die klein dingetjies in ‘n verhouding wat dit net soveel meer spesiaal mak! Ek weet julle verhouding sal geseën wees en gevul wees met liefde & geluk!

  • Martin-John

    Muriel, weereens baie baie geluk met jou en Jannie se verlowing. EK kan defnitief getuig van die mens wie jy is. Ek ken jou al 28 jaar en jy is n fantastiese mens. Jy en jou gesin werk hard vir wat julle het en ek is super trots op julle. Vergeet van die verlede en sit dit agter jou! Vergeet van negatiewe kommentaar en fokus op die positiewe. Ons ken die ware jy en BAIE kan by jou leer!

  • bekkie123

    wel Muriel,onthou net een ding,n huwelik gaan nie oor 50 50 nie,dit gaan oor 110% aan beide se kante.
    dit gaan nie oor die eie ek gevoel nie,dit gaan om die Hemelse Vader in jou huwelik te verheerlik.dit
    was die regte ding gewees om van Dozi te skei,want die Here Jesus is duidelik gekant teen egbreek huwelike,Mattheus 19 v 9 maar EK se vir julle,elkeen wat van sy vrou skei,behalwe oor hoerery,en n ander een trou,pleeg egbreek…gaan ondersoek die skrif gerus oor egskeidings.Muriel,weet jy moet jou man onderdanig wees,as mense dit afskiet,is hulle teen die wil van die Vader,en dit gaan nie oor hy maak n vloerlap van jou nie,lees en ondersoek die woord oor gehoorsaamheid aan die Here Jesus…
    dis waaroor n huwelik gaan,om die Here se opdragte te gehoorsaam in jou huwelik.sou baie graag meer met jou persoonlik wou gesels oor die huwelik….maar soos ek se,die woord is daar ondersoek dit bid daar oor,en vra die Here vir wysheid en insig om jou huwelik skoon en heilig te hou voor HOM…..

  • Elsabe

    @Cat, geen wonder jy weet so baie van die lewe. Jy is erg katterig. Mans hou seker nie van jou nie. Is jy getroud? Geskei?
    Muriel, you go girl. Wees vrolik, jonk, lief vir die lewe en lief vir jou ou.
    Steur jou min aan wat die katte kwytraak.
    Blessings.

  • Minnie

    Cat, die naam staan seker vir katterig. ‘n Mens gun almal geluk. ek wens hulle net alles van die beste toe. Mag hulle gelukkig saam oud word!!

  • Philip

    My magtig ou Jannie, so lekker gelag toe ek nou weer vir jou sien. Ja nee Jannie is soos sy sê, plat plat op die aarde mens. Strekte en geniet ou maat.

  • Lala

    Ek weet wat geluk is! Glo my, ek het self daai kronkelpad geloop om my perfekte deksel te kry! Ek verruil dit vir niks in die lewe nie! Ek is byna 50 en het vanjaar my eerste huweliksherdenking gevier met die wonderlikste man op aarde – 2 mislukte huwelike later! Muriel, jy en Jannie gaan baie gelukkig wees. Julle is eende van dieselfde dam! Dozi is ‘n looser met al sy swak publisiteit!

  • Elmarie Smit

    Muriel ek gun jou die geluk! Jy is ‘n fantastiese persoon en ons is mal oor jou. Ek is bly dat jy geluk gevind het. Mag jy en Jannie baie gelukkig wees. Jy is mooi van binne en buite.

  • Elize

    Ag CAT bou ‘n brug en kom oor dit!!!!! Jy moet seker BAIE onlgelukkige mens wees wat ander niks gun nie. Have a life!!!!!!!

  • Swannie

    Ag siestog. Was Dozi nie ook eens "die liefde van haar lewe" nie?

  • Elize

    Muriel, ek is so bly vir jou! Ek het my eerste man aan die dood afgestaan en was daarna weer twee keer getroud en nou op 47 het ek ook uitgevind wat ware liefde is, net soos Lala hierbo. Ons moes maar die grondpaaie ry om by die lekker rustige liefdevolle en gemalike teerpad uit te kom. Ek verruil dit wat ek vandag het vir geen wereld nie, ek was gewoond aan ‘n rykmans lewe met mooi huise en vliegtuie en ‘n nuwe kar elke jaar! Jy en Jannie, soek dieselfde en ek glo jy gaan gelukkig wees, Dozi is ‘n verloorder de lux hier!

  • Se maar Net

    ai mense….sy is nie eers celeb nie, was jare terug met een getroud (of het gedink hy is celeb)
    my punt is wat maak dit saak? Hoeveel ander dames is daar nie wat hul droom man ontmoet het nie en nie die koerante haal nie…..of moet mens eers skei ?

  • Charlie

    Ja, wat het haar kort rokkie met enige iets te doen ? "Ek het ‘n kort swart rokkie op die troue gedra. Ek was net dadelik aangetrokke tot hom." Wie praat so ?? Kyk, ek is seker sy is nice, en hy ook.. maar klink of sy goed probeer sê om ander te beindruk.. en dat hopenlik Dozi hierdie storie van haar ook sal lees en dink… het ek nooit ‘n deur vir haar oopgemaak nie, het ek nooit vir haar ‘n drankie gebring nie, het ek nooit die braaivleisvuur gepak nie… ens ens ens ??? Sy klink belaglik en soek helemal te veel aandag deur hierdie storie van haar !!

  • Susan

    You have no real idea what that person is going through! Don’t make it worse by imposing your story, your beliefs or your platitudes on anyone else. Listening is the greatest gift you can give!!!!
    Congrats Muriël!!

  • marlene

    muriel bly jy het geluk gevind, maar al die mense wat so negatief is teenoor dozi slat my dronk as ‘n mens nie iets goed kan se van ‘n ander nie dan moet jy liewer niks se nie, mal oor daai deli op moorreesburg, wens julle twee alles van die beste toe,

  • RIA LOURENS

    Het so baie gewonder wat van Muriel geword het. Baie geluk en baie sëen op jul pad vorentoe,

  • Begrip

    Nie almal wat die artikel lees ken vir Muriel en Jannie nie; dus kan die res net reageer soos die artikel geskryf is en sy uitgebeeld word deur die joernalis en die beeld wat die leser daaruit bou. Dit onnodig om ander se karakters oor hul interpretasie van die artikel aan te val. Soos ons almal ander mense geluk gun, gun ons mense die reg op ‘n opinie. Dit is goed vir groei en ontwikkeling om opinies te he en ander leer daaruit en bou daarop. Lelike woorde op die kommentators se karakters is kwetsend en ondeurdag. ‘Be civil’ met jou mede-kommentators – dit is net ‘n opinie en beteken nie werklik iets nie. Dalk het iemand net ‘n sad dag of ‘n snaar wat op daardie oomblik geroer is en wil ‘n hartseer uitlig en weet nie hoe nie… be kind.

  • die Cat kom weer

    Liewe Elize, Minnie, Elsabe, Everson en Linda. Dankie vir julle positiewe, opbouende opinies oor my. Julle is glad nie katterig nie en is kom baie gelukkig voor en het niks leliks oor ander te se nie. O ja, dankie dat julle ook nie oordeel nie. Ek sal vir Elize kontak oor huweliksadvies indien nodig. Ek kan baie by julle leer. Baie dankie, Cat.

  • anna

    Jannie,is n baie oulike kind,met n ma wat n hart van goud het,Muriel kan nie vir n beter skoonma vra nie,sy kry die beste..Geluk,julle verdien mekaar,weet Jannie sal mooi na haar kyk en sy na hom.