Ons praat met

’n Bulletjie vir Stian Bam

Toe SARIE bel, was die akteur en sy vrou hoeka by sy skoonfamilie op Oudtshoorn, besig om ’n hout-bababedjie te bekyk wat oorspronklik Truda se ma s’n was. “Dis mooi, ons kyk wat ons daarmee kan doen,” sê hy.

Truda se swangerskap was tot dusvêr sonder enige probleme. Sy is “baie gesond en word net mooier”.

Die kleinding gaan Stian se pa se name kry: Hendrik Johannes Jacobus. Truda se pa heet toevallig Jacobus Hendrik. Maar oor die baba se noemnaam, dink hulle nog.

Hulle het nie doelbewus probeer om swanger te raak nie. “Toe ons die uitslag van die tuistoets sien, wou ek my doodlag. Jissie! Maar ons wou hom graag gehad het, dink ek! Ons is só hêppy, dis ’n wonderlike ding.”

Stian is tot Saterdag by die KKNK in Nicola Hanekom se Babbel. Hy was ook in Bos en Die vrou vantevore, waarvan die opvoerings reeds verby is.

Stian en Truda op hul troudag

  • Yolandi vd Merwe

    So bly vir hulle. Het gesien hoe lekker Stian op die plaas met ons seuntjie gespeel het. Hulle albei gaan wonderlike ouers wees. Julle moet dit geniet, elke oomblik tel en julle mag niks mis nie.

  • Amia

    Baie, baie geluk!!!

  • Joey Lindeque

    Hoop hy bring vir julle baie vreugde. Dis die grootse geskenk wat God vir ‘n Mens kan gee.Groete

  • Hannie de Waal

    Ek is ‘n REUSE aanhanger van Stian. Ek glo dat hy geseen is met hope talent. Sy stem gee my hoendervleis! Mag geluk en sukses jou toekoms oorlaai. Waaroor ek die meeste beindruk is, is die familie-naam vir sy kleinding, mooi gedaan Truda en Stian!